Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Venesië word duurder vir almal
Gondels vaar op een van die kanale in die Italiaanse stad Venesië. Foto: Pixabay

Wou jy nog altyd die Italiaanse stad Venesië met sy gondels besoek?

Dit gaan jou nou €3 (sowat R47) meer kos as voorheen net om die stad binne te gaan.

En van 2020 af gaan jy tussen €6 en €10 per besoek betaal.

Dit kom nadat Venesië se stadsvaders besluit het hulle het ekstra geld nodig om die stad – wat ’n Wêrelderfenisgebied is – in stand te hou.

Dit is die eerste Italiaanse stad wat toeriste toegangsgeld gaan vra om dit te besoek.

Reuters berig sowat 25 miljoen toeriste besoek die stad elke jaar. Meer as die helfte – sowat 14 miljoen – is egter net dagbesoekers.

Hulle bestee dus geen geld aan hotelle nie en boonop pak hulle dikwels sommer hul eie piekniekmandjies om nog meer geld te bespaar.

“Dit is ’n belangrike keerpunt in die bestuur van toerisme in Venesië,” sê Luigi Brugnaro, die burgemeester.

Inwoners van die stad – van wie daar net sowat 50 000 is – kla glo steen en been oor hoeveel toeriste die stad besoek, maar hulle word belas om vir munisipale dienste soos die skoonmaak van die stad te betaal.

Dit is nog nie duidelik presies hoe die stad die geld gaan insamel nie.

Brugnaro het glo voorgestel dat dit moontlik by boot-kaartjiepryse ingesluit gaan word.

Toeriste wat in die stad oorslaap hoef dit egter nie te betaal nie. – Reuters, verwerk

Meer oor:  Ekonomie  |  Oorsee  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.