Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verbruikers gee in 2020 minder geld uit as in 2018

R46,3 miljoen – dis hoeveel geld Suid-Afrikaners in 2020 minder in winkels bestee het as in 2019.

Suid-Afrikaners het in 2020 minder geld in winkels bestee as twee jaar gelede. Foto: Jaco Marais

Om die waarheid te sê, verbruikers het selfs minder bestee as in 2018, hoewel net sowat R6 miljoen minder.

Dit beteken kleinhandel is effektiewelik nou waar dit twee jaar gelede was.

Die totale besteding in 2020 in winkels was in huidige randwaarde R1,05 miljard. Dis 4,2% minder as in 2019, volgens die kleinhandelverkoopsyfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) uitgereik het.

Gemeet in konstante 2015-rand, ’n manier om die uitwerking van prysstygings te neutraliseer, het verkope in 2020 met 6,9% geval. Dit beteken effektiewelik minder produkte is verkoop as in 2019.

Net in Desember 2020 was verkope 1,3% laer as in Desember 2019. Dit was ook 0,8% laer as in November 2020, wat aandui dat daar dalk tog ’n effense Swart Vrydag-effek op verkope was.

Die grootste daling in verkope van Desember tot Desember was in die kategorie “ander kleinhandelaars”, wat met 14,1% geval het. Dis ongelukkig ’n baie breë kategorie wat alles van juweliersware, boeke en sporttoerusting tot gebruikte goedere insluit, wat dit moeilik maak om te bepaal waar die insinking beleef is. Juwelierswarewinkels het wel in 2020 ’n stil jaar beleef.

Die tweede grootste daling was vir klere en skoene, wat met 4% gedaal het.

Die sterkste groei, van 8%, was in die kategorie vir ysterware en ander selfdoentoerusting. Dis ’n neiging wat ook heeljaar geblyk het soos mense met tyd en ’n bietjie meer speling in hul beursie danksy laer rentekoerse hul huise opgeknap het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.