Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verbruikers ‘koop ons dalk uit die resessie’

Die Suid-Afrikaanse ekonomie se terugsakking in ’n resessie in die tweede kwartaal kan dalk omgekeer word.

Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za. Foto: Wikus de Wet

Indien dit wel gebeur, kan ons weer eens die historiese kampioen van ons ekonomiese herstel bedank – die lankmoedige Suid-Afrikaanse verbruiker.

Dit blyk uit BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti).

Die indeks het weliswaar in Augustus op ’n jaargrondslag met 0,8% gedaal, maar op ’n kwartaalgrondslag was daar ’n opflikkering van 0,5% en op ’n maandgrondslag is die indeks 0,9% hoër.

Die indeks meet alle kontantonttrekkings, oordragte, debietorders en ander maniere waarop mense en ondernemings geld heen en weer skuif en is volgens Mike Schüssler van Economists.co.za, wat die Beti saamstel, een van die breedste aanwysers van werklike ekonomiese aktiwiteit op voetsoolvlak.

En op voetsoolvlak het staatsamptenare se opgehoopte salarisverhogings uiteindelik in hul bankrekenings beland, terwyl Eskom-werkers en munisipale amptenare ook verhogings gekry het.

Dié stygings het volgens Schüssler tot ’n toename in verbruikersbesteding gelei, soos weerspieël in die Beti se groei.

“Op ’n jaargrondslag gemeet, is die ekonomie steeds aan die krimp, maar die kwartaallikse en maandelikse metings dui daarop dat die ekonomie sterker lyk as in die vorige maande,” sê Schüssler.

Die koersverandering is bemoedigend, maar Schüssler waarsku dis nog vroeg om ’n verandering in die neiging te voorspel, want dis nog net die eerste twee maande van die derde kwartaal se syfers wat bekend is.

“Maar as ons Augustus 2018 se data bekyk, gee dit hoop dat die tegniese resessie dalk nie in die derde kwartaal sal voortduur nie.”

Hy glo sommige van die opgehoopte jaarlikse salarisverhogings sal eers in September se syfers gesien word, wat verdere stukrag aan ’n styging in die indeks verleen.

“Suid-Afrika se ekonomie is nog nie uit die moeilikheid nie en selfs al is daar positiewe groei, sal dit waarskynlik nie baie sterk wees nie,” sê Schüssler.

Meer oor:  Bankserv­Africa  |  Mike Schüss­Ler  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Beti  |  Resessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.