Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verbruikers kyk na soesji, maar bestel burgers
Suid-Afrikaners beplan om al hoe meer gesonde kos via Uber Eats koop – maar besluit dan tog op hamburgers.

Suid-Afrikaanse verbruikers fokus al hoe meer op gesondheid wanneer hulle kos koop.

Jacques Vermeulen, uitvoerende hoof van Coca-Cola in Afrika, en Ailyssa Pretorius, hoofbestuurder van Uber Eats in Suid-Afrika, sê daar is geen twyfel dat al hoe meer Suid-Afrikaners kilojoules tel nie.

Vermeulen en Pretorius het Donderdag aan ’n paneelbespreking oor verbruikers in Suid-Afrika en Afrika deelgeneem. Dit het deel gevorm van Deloitte se jaarlikse gesprek oor ekonomiese vooruitsigte vir die vasteland wat by die ouditfirma se kantoor in Woodmead, Johannesburg, gehou is.

“Ons sien dat veral jong verbruikers bewus is van wat hulle eet en dat hulle gesond wil eet. Ons ervaring is dat jong mense vra: ‘Bedien vir my gesonde kos soos wat my ma gemaak het, maar ek wil ’n vegetariese weergawe daarvan hê,’ ” sê Pretorius.

Pretorius sê hoewel die tendens al hoe meer is dat mense belangstel in gesonde weergawes van bekende disse, voer hulle nie noodwendig die voorneme om gesond te leef deur wanneer hulle hul bestelling plaas nie.

“Net toe ons Uber Eats in Suid-Afrika bekend gestel het, was die twee soekwoorde wat die meeste gebruik is, ‘gesond’ en ‘soesji’. Die kos wat egter die meeste bestel is, was hamburgers,” lag sy.

Vermeulen sê hulle kan uit verkope sien dat Suid-Afrikaners wel al hoe meer op hul gesondheid fokus.

“Ons produkte wat geen suiker bevat nie, raak al hoe gewilder in Suid-Afrika. Dit is byvoorbeeld in teenstelling met Oos-Afrika, waar verbruikers daar steeds die oorspronklike weergawes met suiker verkies,” sê hy.

Hy sê tans verkoop Coca-Cola ongeveer dieselfde hoeveelheid produkte mét suiker as sonder suiker.

“Ons voorspel egter dat die meeste produkte wat ons in Suid-Afrika verkoop oor die volgende jaar dié sonder suiker gaan wees.”

Meer oor:  Deloitte  |  Uber Eats  |  Coca-Cola  |  Verbruikers  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.