Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vergeet pandemie – begin tasse pak vir Phuket

Thailand is desperaat om internasionale reisigers te ontvang, al is hy gewikkel in ’n stryd om sy ergste vlaag van Covid-19-infeksies in bedwang te kry.

Phuket wil graag op 1 Julie oorsese toeriste begin verwelkom. Foto: Unsplash

Planne bly onveranderd om die eiland Phuket se deure teen 1 Julie vir oorsese toeriste oop te gooi.

Volgens Bloomberg sukkel Suidoos-Asië se naasgrootste ekonomie egter om die ergste uitbreking van Covid-19 nog in dié land ’n nekslag toe te dien. Inentings vorder boonop baie stadig.

Die sterftesyfer en getal infeksies het vanaf die begin van April verdubbel.

Nuwe beperkinge is ingestel en die land se groeivooruitsigte vir die jaar is ook afwaarts aangepas.

Die land se toerismepaneel het egter Vrydag bevestig Phuket sal vanaf 1 Julie oop wees vir toerisme en op dié dag sal die verpligte twee-week-kwarantyn vir ingeënte toeriste wegval, volgens ’n regeringswoordvoerder.

Die komitee het nege ander gewilde toeristebestemmings in die land uitgewys wat vanaf 1 Oktober toeriste sal mag ontvang. Dit sluit Bangkok en Tsjiang Mai in. Die res van die land sal moet wag tot Januarie 2022 vir verdere verslapping van die inperkingsmaatreëls.

Die regeringspaneel verwag dat net sowat 3,5 miljoen toeriste sal stroom na die tien gebiede wat vroeër oopmaak, waarvan Phuket eerste gaan wees. Dit is maar ’n fraksie van die byna 40 miljoen wat Thailand in 2019 besoek het.

Al die planne hang af van hoe vinnig elke provinsie sy inentingsprogramme kan uitvoer. Provinsies moet 70% van inwoners en hospitaalwerkers inent.

Thailand het tot dusver nog net 1,7 miljoen mense, sowat 1,2% van sy bevolking, ingeënt.

In Phuket is 22% van die inwoners ingeënt, volgens Phuket se toerismevereniging. Die eiland sal nog 700 000 dosisse benodig om die teiken van 70% te haal voor Julie.

Toerisme is een van Thailand se ekonomiese steunpilare. Die bedryf was voor Covid-19 verantwoordelik vir ’n vyfde van die land se ekonomiese welstand.

In 2019 het die land $60 miljard uit toerisme verdien, maar vir 2021 sal dit in die koers van $9,6 miljard wees.

Meer oor:  Inenting  |  Covid-19  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.