Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verhandeling op Wall Street word só opgeskort

Dit gebeur nie baie dat die verhandeling op ’n aandelemark opgeskort word nie, maar 9 Maart 2020 sal as een van dié dae onthou word.

Die stroombrekers op die New Yorkse aandeelbeurs is ingestel ná die ineenstorting van die mark op 19 Oktober 1987, wat bekend staan as Swart Maandag, volgens Bloomberg. Op die dag het die bekend Dow Jones-nywerheidsindeks 22% geval.

Verhandeling op die New Yorkse aandelebeurs is kort nadat die mark daar geopen het, vir 15 minute opgeskort toe ’n sogenaamde stroombreker ingeskop het.

Die vorige keer toe dit gebeur het, was in Desember 2008 te midde van die internasionale finansiële krisis nadat kommer bestaan het oor die stabiliteit van die internasionale bankstelsel.

Die stroombrekers op die New Yorkse aandeelbeurs is ingestel ná die ineenstorting van die mark op 19 Oktober 1987, wat bekend staan as Swart Maandag, volgens Bloomberg. Dit tree in werking wanneer die S&P 500-indeks verby ’n sekere vlak val.

Drie drempels

Daar is drie drempels waarop die stroombreker inskop.

Die eerste is ’n val van 7% in die S&P 500-indeks van sy vorige sluitingsprys af, soos wat Maandag gebeur het. Die volgende drempel is 13% en die derde is 20%.

Die mark se verhandeling word met die eerste twee drempels nie opgeskort as dit ná 15:25 daar plaasvind nie. Die derde drempel se stroombreker kan enige tyd van die dag inskop.

Verhandeling in termynkontrakte op die S&P 500 is ook Sondagnag gehalt ná ’n daling van 5%.

Matt Maley, aandelestrateeg van Miller Tabak & Co., sê hoewel daar kommer is dat die stroombrekers meer probleme skep, laat dit mense terugstaan en die situasie in heroorweging neem.

“In die verlede was dit positief. Dit het mense gehelp om ’n bietjie te kalmeer.”

Die vorige dag toe die eerste drempel oorgesteek is en ’n stroombreker ingeskop het, was op 1 Desember 2008 toe die S&P 500 met meer as 8,9% laer gesluit het.

– Bron: Barron’s, Forbes, Bloomberg

Meer oor:  Nasdaq  |  Dow Jones  |  S&P 500  |  Wall Street  |  Vsa  |  Amerika  |  Aandelemarkte  |  Aandeelpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.