Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verkope in motorhandel: Brandstof gee al die woema

Verkope in die motorhandel was in November slegs R228 miljoen meer as in Oktober, wat ’n skamele groeikoers van 0,3% op ’n maandgrondslag verteenwoordig.

‘n Werker inspekteer ‘n splinternuwe Volkswagen Polo in die Volkswagen-fabriek in Uitenhage. Nuwevoertuigverkope het in November 2018 op ’n jaargrondslag met 3,5% gedaal. Foto: Getty Images

Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste voorlopige verslag oor die motorhandel, ’n maandelikse opname wat ’n goeie aanduiding van die stand van die ekonomie gee.

Ses kategorieë word gemeet: die verkope van nuwe voertuie, die verkope van gebruikte voertuie, die inkomste van werkwinkels, die verkope van bykomstighede, brandstofverkope en die verkope in geriefswinkels.

Hiervan het net twee kategorieë op ’n jaargrondslag – dus teenoor November 2017 – gegroei: brandstofverkope (+20,8%) en die verkope in geriefswinkels (+2,2%).

Op ’n jaargrondslag het die verkope in die motorhandel in geheel in November met 3,5% gegroei. Hiervan was die bydrae van verkope in geriefswinkels net 0,1 persentasiepunt en dié van brandstofverkope 5,3 persentasiepunte.

Die bydrae van brandstofverkope tot die algehele groei in die bedryf het in November onveranderd teenoor sy bydrae in Oktober gebly.

Die verkope van sowel nuwe as gebruikte voertuie het op ’n jaargrondslag in November die tweede laagste groeisyfers oor ses maande behaal, met inkrimpings van onderskeidelik 3,5% en 2,8%.

Op ’n maandgrondslag het die verkope van nuwe voertuie met R300 miljoen toegeneem (+2%), terwyl die verkope van gebruikte voertuie met R129 miljoen (-1,2%) gedaal het.

Ten spyte van die dalings in verkope lyk 2018 tot dusver baie beter as 2017.

Met nog net Desember se motorhandelverkope uitstaande, is die jaarlikse groei van 4,9% tot dusver reeds hoër as 2017 se totale jaarlikse groei van 4,1%.

Meer oor:  Ssa  |  Verkope  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Motorhandel  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.