Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verkope toon impak van petrolprys, beurtkrag

Die jongste kleinhandelverkope toon, soos ander aanwysers oor die ekonomie wat onlangs uitgereik is, dat ekonomiese herstel in die eerste kwartaal van die jaar gestruikel het.

Kleinhandelverkope het in Maart teen 0,2% jaar tot jaar gegroei. Foto: Reuters

Siphamandla Mkhwanazi, ekonoom van FNB, sê die groei in Maart in kleinhandelverkope van 0,2% jaar tot jaar is binne verwagting gegewe die 74c per liter styging in die petrolprys en effense hoër inflasie wat verbruikers se besteebare inkomste in die maand weggevreet het.

Die daling in verkope in Maart vergeleke met Februarie kan toegeskryf word aan beurtkrag in Maart wat tot ’n verlies in handelsure vir kleinhandelaars gelei het.

Hy sê dis kommerwekkend dat die verkopegroei vir die eerste kwartaal weens Maart se syfer met net 0,7% jaar tot jaar gestyg het. Dit is laer as die vierde kwartaal van 2018. Hy meen dit is ’n slegte teken vir die BBP-groei in die eerste kwartaal.

Inflasie gaan stelselmatig hoër skuif in die komende maande weens die wisselvallige rand en staatsbeheerde prysstygings.
Khosa

Johannes Khosa, ekonoom van Nedbank, sê die vooruitsig vir die ekonomie het agteruitgegaan weens die impak van beurtkrag en die verlangsaming in internasionale ekonomiese groei.

“Inflasie gaan stelselmatig hoër skuif in die komende maande weens die wisselvallige rand en staatsbeheerde prysstygings.

“Op kort termyn behoort verbruikersbesteding aangehelp te word deur matige inflasie, veral laer voedselpryse, wat besteebare inkomste gaan ondersteun.

“Maar die groei in verbruikersbesteding gaan beperk word weens die effense hoër koste om skuld te diens, hoër petrolpryse en staatsbeheerde pryse, asook strenger voorwaardes vir die toestaan van skuld.”

Volgens hom glo Nedbank egter steeds die bedrukte ekonomie en die verwagting vir inflasie sal genoeg wees om die Reserwebank te oortuig om rentekoerse deur die jaar in toom te hou.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Petrolprys  |  Verkope  |  Kleinhandel  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.