Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verkope van nuwe wiele styg (in randwaarde)

Vir die eerste keer vanjaar was hoër brandstofpryse nie die enigste faktor wat verkope in die breër motorhandel opgestoot het nie. Verkope van nuwe en gebruikte motors het ook in randwaarde in April gestyg.

motorhandelaar, motors
Ter illustrasie. Foto: Unsplash

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste verslag oor die motorhandel het dié bedryf se algehele verkope in April met ’n merkwaardige 10,4% opgeskiet teenoor April 2018, gemeet in huidige randwaarde. Dit is die hoogste so ’n groeikoers sedert Julie 2013.

Van Maart tot April het verkope met 3,9% gegroei, die hoogste maandelikse groeikoers sedert Mei 2018.

Nuwemotorverkope het op ’n jaargrondslag vir die eerste keer sedert Julie 2018 positief gegroei en wel met 10,2%.

Motorhandelverkope soos SSA dit meet, bestaan uit ses afdelings: die verkope van nuwe en gebruikte voertuie; inkomste uit motorbykomstighede; brandstofverkope; verkope by geriefswinkels by vulstasies; en besteding by werkswinkels.

Verkope word in randwaarde gemeet, en nie in volume nie. Volgens die Vereniging van Motorvervaardigers se syfers is effens meer (0,7%) nuwe voertuie wel in April verkoop, maar die opflikkering is in Mei weer omgekeer, toe verkope met 5,7% geval het.

Só lyk SSA se groeikoerse van die onderskeie afdelings van motorhandelverkope vir April 2019 teenoor April 2018:

  • Nuwevoertuigverkope: 10,2% (was -17,7% in Maart)
  • Verkope van gebruikte voertuie: 10% (-9,7%)
  • Inkomste uit werkswinkels: 8,2% (-2,4%)
  • Inkomste uit die verkope van bykomstighede: 11,7% (1,5%)
  • Brandstofverkope: 11,7% (8,6%)
  • Inkomste van geriefswinkels: 1,5% (-0,2%)

Hoër brandstofpryse en dus verkope is steeds die grootste aandrywer van die algehele groeikoers.

Die driemaandesyfer, wat nog teruggehou word deur die powere verkope van die eerste drie maande van die jaar, was ook vir die eerste keer vanjaar positief op 0,7%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.