Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vervaardigers se sakevertroue amper 0

Sakevertroue in die vervaardigingsektor het tot die laagste vlak nog getuimel – net ses punte uit 100.

Vervaardigers verwag dat die reeds rekordlae ekonomiese omstandighede oor die volgende 12 maande verder agteruit gaan boer. Foto: Getty Images

Dit is die bevinding van die Buro vir Ekonomiese Navorsing van die Universiteit Stellenbosch en Absa se vervaardingspeiling vir die tweede kwartaal, wat tussen 13 Mei en 1 Junie gedoen is.

Volgens Absa het dit nie eens gehelp dat groot dele van die vervaardigingsektor tot noodsaaklike dienste verklaar is in die staat van inperking nie – die ekonomie is so beleër dat net om oop te kon wees nie voldoende was om enorme verliese te vermy nie.

Die peiling wys dat sakevertroue in die hele sektor van 17 punte in die eerste kwartaal tot slegs ses punte in die tweede kwartaal gedaal het.

Selfs onder die vervaardigers van voedsel en drankies, wat dwarsdeur die staat van inperking oop was, bly die indeks op gevaarlik lae vlakke. Dié vervaardigers se subindeks vir sakevertroue het met ses punte tot 17 gestyg, maar enige vlak onder 50 dui op ’n agteruitgang in die sektor.

Die vervaardigers van voedsel en drankies sê die huidige ekonomiese omstandighede is van die ergste op rekord. Sowel plaaslike as uitvoerverkope het geval tot die laagste vlakke nog.

“Algehele vertroue in die vervaardigingsektor en verbruikers se vraag na goedere en dienste is laer as wat in die wêreldwye finansiële krisis van 2008-’09 gesien is,” sê Absa.

Die volgehoue inperking van die toerismebedryf en perke op vermaak beteken al is die vervaardigers oop, is daar doodeenvoudig nie ’n vraag na hul goedere nie.

“Ondanks die wydverspreide verligting om die impak van die inperking op huishoudings en ondernemings te versag en met rentekoerse op geskiedkundige laagtepunte, word die gevolge van die inperking steeds gevoel,” sê Justin Schmidt, hoof van die vervaardigingsektor by Absa.

Die vervaardigers van voedsel en drankies verwag dat die situasie oor die volgende 12 maande verder gaan versleg.

“Dit is uiters kommerwekkend,” sê Absa.

Meer oor:  Absa  |  Sakevertroue  |  Covid-19-Virus  |  Resessie  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.