Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vervaardiging boer steeds agteruit
Werkers inspekteer VW Polo’s op die produksielyn van Volkswagen se fabriek in Uitenhage in die Oos-Kaap. Foto: Waldo Swigers

Vier uit die vyf maatstawwe van hoe dit met die vervaardigingsektor vaar, het in November verswak.

Dit het meegebring dat Absa se aankoopbestuurdersindeks (PMI) tot 47,7 punte gedaal het, teenoor 48,1 in Oktober. Enige punt onder 50 dui daarop dat die land se vervaardigers nog aan die inkrimp is.

Die indeks word deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch saamgestel.

Die subindeks wat sakebedrywighede meet, het tot die laagste vlak in meer as twee jaar, 39,4 punte, geval.

Statistieke Suid-Afrika se syfers het reeds daarop gewys dat vervaardigingsproduksie in die derde kwartaal van die jaar ingekrimp het en Absa sê dit lyk nie asof daar enige herstel in produksie was nie.

Die ander subindekse wat ook gedaal het, was die een oor nuwe bestellings, uitvoervraag en indiensneming.

Die enigste subindeks wat gestyg het, was dié wat inventarisse meet, wat gestyg het vanaf die laagste vlak in tien jaar in Oktober.

’n Ligpunt is dat respondente effens minder pessimisties was op die vooruitsig vir die sektor oor ses maande. Nadat dit vyf opeenvolgende maande gedaal het, het dié indeks tot 47,4 punte gestyg. Dit beteken steeds toestande gaan na verwagting versleg omdat die indeks onder 50 punte is, maar vervaardigers verwag dat dit minder gaan versleg as vantevore verwag is.

Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Vervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.