Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Verwarring oor huishulpe, plaaswerkers se lone

As jy verward voel oor watter minimum loon jy nou jou huishulp moet betaal, is jy nie alleen nie.

Die stedelike gebiede wat onder Area A val.

Dit is omdat die departement van arbeid op 6 Desember ’n verklaring uitgereik het waarin die jaarlikse wysiging aan die minimum loon vir huiswerkers ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes aangekondig is. Luidens die verklaring geld dit tot 30 November 2019.

Lees Hier is huiswerkers se nuwe minimum lone.

’n Dag ná dié aankondiging het pres. Cyril Ramaphosa egter aangekondig die nasionale minimum loon tree op 1 Januarie 2019 in werking.

Lees Minimum loon op 1 Januarie van krag

Dié wet bepaal ’n minimum loon van R20 per uur moet vir werkers betaal word, met die uitsonderings vir huiswerkers (R15 per uur) en plaaswerkers (R18 per uur) wat tydelik sal geld.

Skedule 1 van die Wet op die Nasionale Minimumloon lui egter dat die tydelike minimum lone wat vir huis- en plaaswerkers geld eers in werking tree “vanaf ’n datum wat deur die president deur proklamasie in die Staatskoerant bepaal word”.

Volgens Jan Truter, direkteur van die arbeidspesialiste www.labourwise.co.za, dui dit op ’n toekomstige datum wat die minimum lone ingevolge dié wet in werking tree.

Truter het gesê dit wil wel voorkom of dit die departement van arbeid en baie ander se interpretasie is dat die R15 en R18 per uur ook op 1 Januarie in werking tree.

“Dit is hoe hulle dit sien en is waarskynlik hoe hulle dit gaan afdwing,” sê Truter.

Die Engelse deel van die Wet op die Nasionale Minimum Loon wat verduidelik wat ’n plaas- en huishoudelike werker is. Foto:

Volgens hom beveel Labourwise dus ook sy lesers aan om dit ook so te implementeer uit ’n praktiese oogpunt.

Hy meen egter uit ’n regs-tegniese grondslag dit geargumenteer kan word dat die huidige minimum in die sektorale vasstellings in die huis- en plaaswerkersektore steeds van krag is en dat die R15 en R18 minimum lone nog nie geldig is vir dié werkers nie. “As mense lus voel vir litigeer, kan hulle uithou.”

Michiel Heyns, ’n senior assosiaat van die regsfirma Werksmans, sê die wysiging aan die sektorale vasstelling vir huiswerkers wat op 3 Desember in die Staatskoerant gepubliseer is bepaal die “toepaslike minimum lone vir die tydperk van 3 Desember tot met die promulgasie van die bepalings oor die minimumlone wat in die Wet op die Nasionale Minimum Loon vervat is”.

“Daar kan dus afgelei word dat die nuwe R15 per uur minimum loon met ingang 1 Januarie (wat die effektiewe datum vir die Wet op die Nasionale Minimum Loon is) van toepassing sal wees.”

Volgens Heyns geld dieselfde situasie vir plaaswerkers. “Ingevolge die sektorale vasstelling 13 vir die plaaswerkersektor is die minimum uurlikse loon vir plaas- en bosbouwerkers R16,25 van begin Maart 2018 tot 28 Februarie 2019. Die Wet op die Nasionale Minimum Loon stel die minimum loon vir plaaswerkers op R18 per uur, met ingang van 1 Januarie 2019.”

Volgens hom sal plaaswerkers dus met ingang van 1 Januarie vanjaar geregtig wees op R18 per uur ongeag die bepalings van die sektorale vasstelling omdat artikel 4 van die Wet op die Nasionale Minimum Loon bepaal dat “die nasionale minimum loon voorkeur geniet bo enige teenstrydige bepaling in enige kontrak, kollektiewe ooreenkoms, sektorale bepaling of wet”.

Nog iets waaroor verwarring heers is of huiswerkers wat in sekere gebiede (Area A) ingevolge die departement van arbeid se aankondiging, meer as R15 verdien, dan minder betaal moet word.

Volgens Truter dra dit ook by tot die verwarring dat die departement van arbeid se aankondiging oor huiswerkers se minimum lone uitgereik is ’n dag voor die president se aankondiging. “En die departement laat die verwarring voortbestaan en gee geen regstelling of sit ’n standpunt daaroor uiteen nie.”

Netwerk24 het ’n e-pos, Whatsapp en teksboodskap aan die departement se woordvoerder Teboho Thejane gestuur met ’n navraag hieroor, maar het nie teen die spertyd ’n antwoord gekry nie.

Nog iets waaroor verwarring heers is of huiswerkers wat in sekere gebiede (Area A) ingevolge die departement van arbeid se aankondiging, meer as R15 verdien, dan minder betaal moet word.

Truter sê: “Nee, want die R15 is bloot ’n minimum. Waar ’n hoër minimum voorgeskryf word, sal dít geld.”

Ingevolge die wysiging aan die minimum loon vir huiswerkers ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes geld ’n minimum uurlikse betaling van R16,03 vir werkers in Area A (sien hiernaas watter stede dit is) wat 27 uur of minder per week werk.

Die stedelike gebiede wat onder Area A val.

Heyns sê hulle het bevestig met ’n beampte van die departement dat die R16,03 steeds van toepassing gaan wees op die werkers. “Die rasionaal is dat ’n werkgewer nie eensydig ’n werker se diensvoorwaardes kan verander nie, insluitende om vergoeding te verminder nie. Dit sal dus nie aanbeveel word dat ’n werker se loon verminder word wat in dié kategorie val nie.”

Wat is ’n huiswerker?

Let wel dat die wet op die nasionale minimum loon huiswerkers omskryf as ’n werker wat huishoudelike werk in ’n private huishouding verrig insluitende ’n tuinwerker, ’n drywer, ’n versorger van kinders, oues, siekes en gestremdes. Sien hiernaas die uitknipsel uit die wet.

Wat is ’n plaaswerker?

Dit is ’n werker wat in verband met boerdery en bosbou aktiwiteite in diens geneem is en sluit in ’n huiswerker wat in ’n huis op ’n plaas werk of in die bosbou-omgewing asook ’n veiligheidswag op ’n plaas of ander landbou-perseel. Dit sluit ’n veiligheidswag uit wat in die private sekuriteitsbedryf werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.