Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Virus: Kommer oor wêreld se ekonomie neem toe
k

Die wêreldekonomie hou asem op oor die uitwerking van Covid-19, die nuwe koronavirusstam, omdat China, waar die siekte uitgebreek het en wat die swaarste getref word, so ’n belangrike rol in die wêreldwye waarde- en verskaffingsketting speel.

Ontleders sê die uitwerking van Covid-19 sal veel groter wees as met die uitbreking van ernstige akute respiratoriese sindroom (Ears) in 2003 – nie net omdat die wêreldekonomie nou dubbeld so groot is nie, maar omdat die Chinese ekonomie nou sowat agt keer groter is as in 2003.

Moody’s Investors Service sê in sy jongste wêreld- ekonomiese vooruitsig wat Maandag gepubliseer is, die wêreldekonomie was net aan die stabiliseer nadat handelspanning tussen Amerika en China begin taan het en daar tekens van beter nywerheidsaktiwiteit was. Moody’s verwag die G-20-ekonomieë sal saam vanjaar met 2,4% groei, wat swakker is as in 2019, en meen groei in China sal vanjaar net 5,2% haal, waar dit in November nog op 5,8% geraam is.

Madhavi Bokil, ’n visepresident van Moody’s, sê lande, sektore en maatskappye wat inkomste verdien uit China of daar produseer, of wat van Chinese vraag afhanklik is, kan nadelig geraak word.

Meer oor:  China  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Wêreldekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.