Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Virus tref SA aandele erger as ander
Die JSE in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Suid-Afrikaanse aandele is Maandag erger getref as sy eweknieë in die opkomende markte.

Die plaaslike indeks van alle aandele het met 2,6% gedaal. Dit was die ergste daling in meer as agt maande.

Die MSCI-indeks vir opkomende markte het daarteenoor met sowat 0,8% gedaal.

Suid-Afrikaanse aandele is erger getref weens die hoë blootstelling aan China waar die nuwe 2019-koronavirus Maandag al tot 80 sterftes gelei het. Die vrese oor die virus jaag beleggers weg van bates wat as meer riskant beskou word.

Van die groot aandele met blootstelling aan China sluit in Naspers, Prosus en die luuksegoederegroep Richemont, asook mynmaatskappye.

Casparus Treurnicht, portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuurder, sê die gewig van aandele wat sensitief is vir China op die plaaslike indeks is meer as 55%. Boonop ly aandele op die plaaslike beurs meer as gewoonlik omdat verskeie markte in Asië daar nog vir vakansiedae gesluit is, sê hy. Dit veroorsaak ’n gebrek aan likiditeit in die mark en vererger enige daling wat versag sou kon word indien daar meer kopers in die mark was.

Naspers besit omtrent ’n derde van die Chinese internetreus Tencent. Dié maatskappy, BHP, Anglo, Richemont en Prosus is die vyf aandele wat die meeste van die indeks afgetrek het.

Die daling sou erger gewees het as dit nie was vir goudmyne nie. Die indeks vir goud het met 5% gestyg. – Bloomberg.

Meer oor:  Jse  |  China  |  Koronavirus  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.