Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vlak 3: 10 dinge wat jy nou moet weet

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig die hele land sal op 1 Junie na vlak 3 van die staat van inperking beweeg. Hoewel al die regulasies nog nie bekend gemaak is nie, beteken dit onder meer vryer beweging en meer sektore van die ekonomie wat mag oopmaak.

      

Pres. Cyril Ramaphosa
1. Koronavirus-brandpunte word geskep

Gebiede met meer as vyf gevalle per 100 000 inwoners word as koronavirus-brandpunte geklassifiseer. Hoewel dié gebied op dieselfde vlak bly as ander dele van die land, word meer hulpbronne daar toegewys om die verspreiding van die virus te voorkom en ook om gesondheidsorg te bied.

Die brandpunte sal elke twee weke hersien word.

Die huidige brandpunte is: die metropolitaanse munisipaliteite Kaapstad, Tshwane (Pretoria), Johannesburg, Ekurhuleni, Ethekwini (Durban), Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) en Buffalo City (Oos-Londen); en die distriksmunisipaliteite Weskus, Overberg en Kaapse Wynland in die Wes-Kaap, Chris Hani in die Oos-Kaap en iLembe in KwaZulu-Natal.

  

2. Alkohol sal verkoop mag word

Ramaphosa het nie besonderhede gegee nie, maar het gesê daar sal streng regulasies wees oor dae en tye waarop alkohol verkoop mag word. Dis slegs om tuis te gaan drink – kroeë en sjebiens bly toe.

  

3. Tabakverkope bly verbode

Ramaphosa sê weens die gesondheidsrisiko’s van rook, bly die verkope van tabakprodukte onwettig in vlak 3.

  

4. Oefen enige tyd van die dag

Mense mag nou enige tyd van die dag oefen, solank hulle nie in groepe oefen of georganiseerde sport beoefen nie.

  

5. Begrafnisse mag groter wees

Tot 50 mense mag nou ’n begrafnis bywoon. Dis teenoor die streng perk tot op hede wat net nabye familielede toegelaat het.

  

6. Aandklokreël val weg

Die aandklokreël (van 20:00 tot 05:00) word geskrap.

  

7. Byeenkomste bly verbode

Enige byeenkomste van baie mense bly verbode – insluitend sportbyeenkomste, kerkdienste, konserte, teaters, flieks en enige ander kultuur- of ontspanningsgeleentheid.

  

8. Jy mag jou eie kitskos gaan haal

Restaurante bly toe, maar mense mag voortaan hul eie kitskos gaan haal of dit steeds laat aflewer. Aansitetes bly verbode.

  

9. Haarkappers, skoonheidsterapeute mag nie heropen

Mense wat persoonlike dienste lewer soos haarkappers en skoonheidsterapeute, mag steeds nie werk nie.

  

10. Alle winkels mag heropen

Alle winkels mag sake doen.

Meer oor:  Cyril Rama­Phosa  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.