Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vleisprys-bonanza gaan nie heeljaar duur
BERLIN, GERMANY - SEPTEMBER 11:  A family relax an
Twee faktore op die horison kan vleispryse later vanjaar weer opdruk. Foto: Getty Images

Maak maar nou jou vrieskas vol vleis, want die skrif is dalk aan die muur vir die daling in vleispryse wat verbruikers die afgelope drie maande beleef het.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was ’n mandjie vleis in April 1,2% goedkoper as ’n jaar gelede – die derde maand in ’n ry dat pryse op ’n jaargrondslag daal.

Tussen Maart en April was pryse egter onveranderd nadat dit die vorige twee maande elke maand goedkoper geword het.

Die algemene inflasiekoers vir April was 4,4%, laer as wat verwag is.

Herman van Papendorp en Sanisha Packirisamy, ekonome van Momentum Investments, sê volgens die produsenteprysindeks (PPI) was die groothandelprys van vleis in Maart 9,3% laer as ’n jaar vantevore. Dit beteken waarskynlik dat vleispryse nog ’n rukkie lank ook in winkels goedkoper gaan word, hoewel nie met soveel nie.

Twee faktore op die horison kan vleispryse egter later vanjaar weer opdruk.

Die einde van die bek-en-klouseer-epidemie in Limpopo beteken Suid-Afrika sal dalk eersdaags weer vars rooivleis kan uitvoer.

Wat hoender betref, woed ’n hofsaak tans oor hoër invoertariewe op hoender wat uit veral Brasilië ingevoer word.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging wil hê die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) moet die invoertarief op ingevoerde hoenderborsies en hoenderagterkwarte van onderskeidelik 12% en 37% tot 82% verhoog. Die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) staan dit teen.

Die Brasiliaanse vereniging vir diereproteïen (BVDP) raam sodanige styging in invoertariewe gaan hoendervleis in Suid-Afrika met tot 32% duurder maak.

Intussen is die prys van brood en graanprodukte steeds besig om skerp te styg. Dié kategorie kos is, soos in Maart, 6,1% duurder as ’n jaar gelede.

kospryse, kosprysinflasie
Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Kospryse  |  Vleisbedryf  |  Inflasie  |  Vleispryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.