Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Volfefe’ meet invloed van Trump se twiets

'n Nuwe maatstaf is deur ontleders van JP Morgan saamgestel om te probeer bepaal watter impak die Amerikaanse president, Donald Trump, se twiets op die staatseffektemark van Amerika het.

Pres. Donald Trump van Amerika het sedert begin 2016 gemiddeld tien twiets per dag gestuur. Foto: Reuters

Ontleders van JP Morgan het die Volfefe-indeks saamgestel en dit is genoem na Trump se onverstaanbare woord “covfefe” wat hy in 2017 op Twitter gebruik het.

Hy het in dié twiet gesê: “Despite the constant negative press covfefe.”

Die indeks dui blykbaar aan sy twiets het statisties ’n wesenlike impak op die opbrengskoerse van Amerikaanse staatseffekte.

Die aantal twiets van Trump wat ’n impak op die mark het, het die afgelope maande toegeneem. Die twiets met die woorde China, miljard, produkte, demokrate en “great” is die waarskynlikste om ’n invloed te hê, het die ontleders bevind.

Die president het sedert begin 2016 gemiddeld tien twiets per dag gestuur. Hy het reeds 10 000 keer ná sy inhuldiging getwiet, volgens JP Morgan se ontleding.

Die ontleding kyk na die opbrengskoers op Amerikaanse staatseffekte vyf minute nadat die president iets op Twitter gesê het.

Dit is nie die eerste keer dat ontleders die impak van sy twiets op die mark probeer bepaal nie.

Ontleders van Bank of America Merrill Lynch het verlede week in ’n kennisgewing gesê op die dae wat Trump betreklik baie twiet, het dit ’n negatiewe impak op die mark. Die dae wat hy minder op Twitter is, is daar weer ’n positiewe uitwerking.

Die S&P 500-indeks van Amerika is egter reeds 35% hoër sedert Trump die 2016-verkiesing gewen het. – Bloomberg

Meer oor:  Volfefe  |  Jp Morgan  |  Donald Trump  |  Indeks  |  Twitter  |  Staatseffekte  |  Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.