Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Volgende Covid-19-Ters skop Maandag af

Die laaste ronde van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike hulpverleningskema vir werkgewers en werknemers (Covid-19-Ters) open Maandag vir aansoeke.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dit word met nog ’n maand verleng.

Sedert Maart is meer as R52 miljard uitbetaal.

Altesaam 11,5 miljoen betalings is aan werknemers van meer as 1 miljoen werkgewers gedoen.

Die skema is verleng ná samesprekings tussen verteenwoordigers van die arbeid- en sakesektor en staatsamptenare by Nedlac, sê die WVF.

Dit is verleng vir die tydperk van 16 September tot 15 Oktober.

Die hulpverleningskema kom op 31 Desember tot ’n einde en geen verdere aansoeke sal dan ontvang word nie.

Die mense wat gedek word, is werkers van werkgewers wat:

  • Weens die rampregulasies nie bedrywig kon wees nie; of
  • Nie ander reëlings kon tref vir kwesbare werkers soos dat hulle van die huis af kon werk of spesiale maatreëls kon instel om hulle te beskerm nie.

Die aansoekproses gaan dieselfde wees en alle eise moet aanlyn op die volgende skakel ingedien word: https://uifecc.labour.gov.za/covid19/.

Aansoeke vir Maart tot Mei het op 25 September gesluit; dié vir Junie het op 15 Oktober gesluit en dié vir Julie tot 15 September het 30 Oktober gesluit.

Werkgewers moet soos met die vorige eisprosesse sekere dokumente oplaai.

Die WVF sê hy sal steeds die bankbesonderhede nagaan om seker te maak misdadigers misbruik nie die voordele nie.

Marsha Bronkhorst, waarnemende WVF-kommissaris, sê al die moontlike sal gedoen word om seker te maak die geld word in die regte bankrekeninge inbetaal.

Die hulpverleningskema is gestig om werknemers te help wat hul inkomste verloor het weens die koronaviruspandemie en die regulasies wat ingestel is.

Meer oor:  Ters  |  Wvf  |  Werkloosheidsversekeringsfonds  |  Inperking  |  Covid-19-Ters  |  Werkloosheid  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.