Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vrae oor Eskom knou rand
rand, geld, ekonomie
Die dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R14,15 kos. Foto: Elvira Wood

Die rand spartel steeds om kop bo water te hou.

Dit volg nadat die kredietgradeerder Fitch Ratings Vrydagmiddag sy vooruitsig vir Suid-Afrika van stabiel na negatief verander het.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê dié nuus, tesame met die staat se duidelike steun van Eskom, is glad nie goeie nuus vir die rand nie.

Moody’s Investor Service het ook Donderdag gewaarsku dat die staat se planne om nóg geld vir Eskom te gee kredietnegatief is.

“Voor die regering se nuutste kommentaar oor Eskom het die rand oortuigend tot onder die R14-vlak teenoor die dollar verstewig.

“Nadat die tesourie ’n addisionele R59 miljard oor twee jaar deur middel van die spesiale toedelingswetsontwerp aan Eskom goedgekeur het, het dit ’n negatiewe invloed op die rand gehad,” sê sy.

Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R14,15 teenoor die dollar, R17,20 teenoor die Britse pond en R15,76 teenoor die euro.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 443,70 per fynons
  • Platinum: $877 per ons
  • Olie: $63,95 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $9 437,72/R142 663
  • Ethereum: $206,74/R3 127

Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Eskom  |  Fitch Ratings  |  Annabel Bishop  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.