Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vragskip moet vir eers in meer by Suez-kanaal bly

Personeel van die reusevragskip, wat die Suez-kanaal vir byna ’n week lank in Maart geblokkeer het, wag nog op goedkeuring om die seeroete te verlaat.

Die vragskip, Ever Given, is deur sleepbote na ’n grootskaalse ontwrigting na ’n meer wat deel van die kanaal is, gesleep.

Joemi Sjinohara, adjunkbestuurder by die bestuursafdeling van die vragskip, het bevestig dat die kanaal ’n vergoedingseis ingedien het, maar kon geen verdere besonderhede deurgee nie.

Volgens ’n bron by die Suez-kanaalowerheid is ’n hofbevel uitgereik dat die skip nie die kanaal mag verlaat alvorens onderhandelinge plaasvind nie.

Osama Rabie, voorsitter van die Suez-kanaalowerheid, het verlede week op Egiptiese TV gesê dat die vragskip nie sal vertrek voordat ’n ondersoek afgehandel en vergoeding uitbetaal is nie. Hy het bygevoeg dat die kanaal “groot skade” gely het, sowel as ’n verlies aan verskepingsgeld en herstelkoste. Rabie het ook gesê hy hoop om die kwessie vriendskaplik op te los.

Die 400 meter lange Ever Given het die kanaal op 23 Maart geblokkeer.

Reddingspanne het ses dae geswoeg om die vaartuig te bevry, wat die deurgang van meer as 400 skepe vertraag en ander genoop het om om die punt van Afrika te vaar.

Bedryfsbronne het verlede week gesê dat herversekeraars die grootste deel van die rekening vir die skip sou betaal. Uitbetalings sal na verwagting honderde miljoene dollars beloop.

– Reuters


Meer oor:  Suez-Kanaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.