Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vrees vir Covid-19 laat roetinesorg ly

Die vrees dat hulle Covid-19 gaan opdoen, het baie mense in April en Mei van klinieke en hospitale laat wegbly, selfs wanneer hulle dit broodnodig gehad het – hetsy omdat hulle siek was, vir voorgeboortelike opvolgbesoeke moes gaan of chroniese medisyne moes kry.

babas
Baie swanger vroue het voorgeboortelike besoeke oorgeslaan uit vrees dat hulle Covid-19 sal opdoen. Foto: Pixabay

Van die mense met ernstige simptome het 22% gekies om weg te bly.

In geheel kon 23% van mense nie toegang tot medisyne, voorbehoedpille of kondome kry nie (toegang tot die drie dinge is as een vraag gevra). Dit styg egter tot 39% van mense met chroniese toestande soos diabetes, hartsiektes, MIV/vigs of tuberkulose. (Nagenoeg 18% van Suid-Afrikaners het een of meer chroniese toestand.)

Die antiretrovirale middels van 11% van MIV-positiewe swanger vroue het in Mei en Junie opgeraak. Antiretrovirale middels is noodsaaklik om voorgeboortelike MIV-oordrag na babas te voorkom. Van dié vroue het 40% geantwoord hulle is bang om Covid-19 op te doen en het daarom nie hul medisyne by klinieke gaan haal nie.

Baie swanger vroue het nie in April of selfs Mei voorgeboortelike klinieke besoek nie. Altesame 16% het twee maande laas ’n kliniek besoek en 9% drie maande laas.

Van die respondente wat ’n gesondheidswerker vir ’n chroniese toestand moes gaan spreek, kon 96% dit wel in April of Mei – dus onder vlak 5 en 4 van die inperking – doen.

Bron

Dié inligting kom uit navorsing wat Ronelle Burger van die Universiteit Stellenbosch, Carmen Christian van die Universiteit van Wes-Kaapland, Brendan Maughan-Brown, Russell Rensburg en Laura Rossouw, laasgenoemde al drie van die Universiteit van die Witwatersrand, gedoen het as deel van die National Income Dynamics Study (Nids) Coronavirus Rapid Mobile Survey (Cram), kortliks Nids-Cram.

Die navorsing, wat vanjaar minstens vyf keer onderhoude met dieselfde meer as 7 000 mense gaan doen, word deur ’n konsortium van meer as 30 navorsers van vyf Suid-Afrikaanse universiteite gedoen om die maatskaplike impak van die Covid-19-krisis te bepaal.

Die eerste golf navorsing is van 7 Mei tot 27 Junie gedoen. Dit het mense uitgevra oor die tyd van Februarie tot April.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Gesondheid  |  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Werkloosheid  |  Gesondheidsorg  |  Inperking  |  Armoede  |  Nids-Cram  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.