Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vrees vir virus laat goudprys skerp toeneem
Die prys van goud is aan’t toeneem te midde van vrese oor die ekonomiese uitwerking van Covid-19.Foto: Unsplash

Die prys van goud is op sy hoogste vlak sedert 2013 namate beleggers na vaste bates stroom te midde van vrese oor die ekonomiese impak van die Covid-19-virus.

Verhandelingsplatforms van goud het die afgelope paar weke rekordgetal besoekers gesien wat desperaat op soek is na ’n stukkie goud.

’n Mate van angstigheid heers oor finansiële wêreldmarkte soos wat die dodelike virus buite China versprei en ’n impak op maatskappye se verdienste het.

Verskeie ondernemings, insluitend die lugdienste KLM/Air France en Quantas, sowel as tegnologiemaatskappye soos Apple het reeds gewaarsku dat Covid-19 ’n wesentlike impak op verdienste in die huidige kwartaal gaan hê.

Die prys van goud het reeds met 7% sedert die begin van die jaar geklim.

Dit skep die verwagting dat die Amerikaanse Federale Reserweraad ’n meer buigsame monetêre beleid in die tweede helfte van die jaar sal inneem deur die rentekoers te verlaag.

“Die vraag na goud word tans gedryf deur vrese vir die nuwe koronavirus,” sê Vivek Dhar, ’n ontleder by CBA.

“In die verlede het ’n toename in die vraag wel die goudprys net tydelik ’n hupstoot gegee.”

Die prys van goud het met tot 0,3% tot $1 624,73 per ons toegeneem, die hoogste vlak sedert Februarie 2013.

Goud is reeds 2,6% duurder as aan die begin van die week, die grootste styging sedert die eerste week in Januarie. In Suid-Afrika verhandel dit tans op R24 608,10 per fynons.

Silwer beleef ook ’n goeie lopie en behoort vandeesweek die grootste styging in prys te sien sedert Augustus 2019.

Die prys van platinum is ook hoër.

Palladium is 11% hoër nadat dit ’n nuwe hoogtepunt Woensdag bereik het teen $2 849,61 per ons.

Meer oor:  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Goud  |  Covid-19-Virus  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.