Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
VSA-ekonomie krimp met 9,5% in 2de kwartaal
Miljoene Amerikaners het hul werk weens die Covid-19-pandemie verloor. Foto: Bloomberg

Die Amerikaanse ekonomie het gedurende die tweede kwartaal van 2020 die grootste inkrimping ervaar sedert ten minste die 1940’s.

Die bruto binnelandse produk (BBP) van die VSA het in die tweede kwartaal met 9,5% in vergelyking met die vorige kwartaal gedaal. Op ’n jaargrondslag het dit luidens dié land se departement van handel met 32,9% gekrimp.

Dit is die sterkste jaarlikse daling in die kwartaallikse rekords sedert 1947.

Persoonlike besteding, wat ongeveer tweederdes van die BBP uitmaak, het op ’n jaargrondslag met 34,6% gedaal – ook die meeste op rekord.

Die syfers toon die omvang van die ekonomiese verwoesting wat uit die staat van inperking voortspruit wat die regering aangekondig het om die verspreiding van Covid-19 te vertraag.

Terwyl indiensneming, besteding en produksie verbeter het sedert die staat van inperking in Mei verlig is en die groot federale stimulus Amerikaners bereik het, het die onlangse toename in infeksies die tempo van herstel getemper.

Die oplewing – die gevolg van Amerika se onvermoë om die virus in bedwang te hou, dui daarop dat die Amerikaanse ekonomie waarskynlik stadiger sal herstel as plekke – soos Europa – wat beter maatreëls getref het.

Hoe langer die pandemie duur sonder dat ’n entstof ontwikkel word, hoe langer sal die ekonomiese uitsette laer bly as wat voor die krisis die geval was.

“Ons weet reeds dat ekonomiese aktiwiteit in Mei en Junie baie verbeter het. Die BBP sal gedurende die derde kwartaal waarskynlik sterk styg,” sê Andrew Hunter, senior ekonoom by Capital Economics.

“Nietemin, met die meer onlangse herlewing in die getal positiewe virusgevalle wat in Julie druk op die ekonomie plaas, is dit onwaarskynlik dat daar ’n ‘V-vormige herstel’ sal wees.”

Werkloosheid

’n Aparte verslag wat Donderdag uitgereik is, wys dat die getal Amerikaners wat werkloosheidseise ingedien het vir die tweede week agtereenvolgens gestyg het.

Aanvanklike eise via die gewone programme het tot 1,43 miljoen gestyg vir die week wat op 25 Julie tot ’n einde gekom het. Dit is 12 000 meer as die vorige week, sê die departement van arbeid.

Vir die week tot einde 18 Julie het 17 miljoen Amerikaners eise vir voortdurende voordele ingedien. Dit is ’n styging van 867 000 teenoor die vorige week.

Hoewel 7,5 miljoen Amerikaners weer in Mei en Junie begin werk het, is daar steeds meer as 14,5 miljoen van die land se burgers wat weens die pandemie werkloos gelaat is. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Vsa  |  Covid-19  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.