Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
VSA wil belegging in SA verdubbel

Die Amerikaanse Kamer van Koophandel het Woensdag aangekondig die VSA wil sy investering in Afrika teen 2025 verdubbel.

Die aankondiging is gedoen as deel van pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie, wat in Johannesburg gehou word.

Die stryd teen pres. Cyril Ramaphosa binne die ANC is fel en sy teenstanders se vuilspel ken geen perke nie. Foto: Argief

Volgens die kamer belê meer as 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika ’n ongespesifiseerde bedrag wat volgens die kamer 10% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) verteenwoordig.

10% van Suid-Afrika se huidige BBP is in die omgewing van $35 miljard, volgens die Wêreldbank se syfers.

Die kamer wil hê teen 2025 moet meer as 1 000 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika bedrywig wees en ’n bydrae van meer as 15% van die BBP lewer.

Die kamer se VSA-Afrika-sakeraad is sewe jaar gelede bekend gestel.

“Vandag, deels danksy pres. Ramaphosa se verbintenis tot ekonomiese hervorming in Suid-Afrika, is die raad goed geplaas om sy regstreekse buitelandse investering in die streek teen 2025 te verdubbel,” sê Scott Eisner, President van die VSA-Afrika-sakesentrum by die Kamer van Koophandel.

“Ons sien daarna uit om beleggingsbande tussen die VSA en Suid-Afrika te versterk deur as ’n platform te dien vir kommersiële gesprekke op die mees senior vlak van sake en regering.’

Farid Fezoua, president en uitvoerende hoof van General Electric Africa en GE Healthcare Africa, sal die voorsitter van die raad word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.