Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vurige Fikile pleit dat mense regulasies gehoorsaam
fikile mbalula
Fikile Mbalula, minister van vervoer.

Die staat van inperking is nie bedoel om Suid-Afrikaners te straf nie, maar om hulle veilig te hou.

Die regering bevind hom in “ongekarteerde terrein”. “Die enigste presedent is apartheid se noodtoestand en daar is niks wat ons daaruit kan leer nie,” het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Vrydagmiddag in ’n vurige toespraak op die nuuskonferensie oor die staat van inperking gesê.

“Dié ramptoestand is een van eensgesindheid van die mensdom, en van solidariteit,” om te verseker dat die siekte oorwin word.

Mbalula sê die staat van inperking is nie die regering wat alleen optree nie, maar ’n gesamentlike poging van die regering en burgerlike samelewing.

“Om die regulasies te gehoorsaam is ’n bydrae van Suid-Afrikaners – wetsgehoorsame Suid-Afrikaners – in die stryd teen die siekte.”

Mbalula het beklemtoon Vrydagaand vanaf 20:00 mag busse en taxi’s nie meer heeldag rondry nie. Die vergunning is slegs die afgelope week gedoen vir die tydperk wat maatskaplike toelaes uitbetaal is.

Hy het gesê die regering is glad nie besig om die regulasies te “verslap” nie. Dit word wel van tyd tot tyd aangepas op grond van probleme en behoeftes wat die regering met die aanvanklike regulasies raaksien.

Hy het onder meer daarna verwys dat busse en taxi’s voortaan van 05:00 tot 10:00 en van 16:00 tot 21:00 noodsaaklike werkers op pad werk toe mag vervoer. Dis ’n uur langer in die oggend as wat voorheen voorgeskryf is, maar Mbalula sê dis omdat mense nodig het om winkel toe te gaan voor werk – en winkels maak eers om 09:00, die vorige afsnytyd, oop.

Nog ’n vergunning is dat taxi’s nou 70% vol mag wees, pleks van die 50% wat voorheen bepaal is. Hy sê taxi-eienaars en -bestuurders sukkel en ly enorme verliese weens die maatreëls. Hulppakkette word ook vir die bedryf oorweeg as deel van gesprekke wat eintlik al voor die Covid-19-pandemie begin is.

Mbalula sê openbare vervoer bly die “grootste risikogebied” vir die verspreiding van die virus. Hy het verskeie gevalle aangehaal van tientalle oortredings, soos 231 Gautengers wat probeer het om die provinsie se grense sonder magtiging oor te steek, twee Uber-bestuurders wat beboet is omdat hulle nie hul motors ontsmet het nadat passasiers afgelaai is nie en 32 van hulle en 56 taxibestuurders wat meer passasiers vervoer het as wat hulle mag.

“Hulle stel die lewe van ons mense in gevaar.”

Mbalula het later in antwoord op ’n vraag oor vervalste permitte gesê Suid-Afrika is ’n nasie wat gewoond is om die wet te oortree – soos die feit dat mense dronk bestuur, al weet hulle hulle mag nie. Hy sê die staat van inperking is soos ’n “eksamen” vir Suid-Afrikaners oor hoe wetsgehoorsaam hulle is.

Hy het gepleit dat mense nie vals permitte koop wat sê hulle is noodsaaklike werkers wat op die pad mag wees nie. Dis nie nodig nie – mense mag immers steeds gaan kos en medisyne koop.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.