Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Waak teen populisme ná afgradering’
Die kredietgradeer Moody's het Suid- Afrika se staatskuld tot net bo rommelstatus afgegradeer.

Die CEO Initiative het Saterdag gewaarsku dat populistiese beleidsrigtings en ’n fokus op kottermynoplossings die ekonomie net verder sal skaad.

Dié waarskuwing volg op die kredietgraderingsagentskap Moody’s se afgradering van Suid-Afrika se staatskuld in sowel buitelandse geldeenhede as in rand tot Baa3, net een vlak bo rommelstatus.

Die tesourie het in sy verklaring kennis geneem van Moody’s se redes vir sy besluit en gewaarsku hoewel dié agentskap Suid-Afrika se staatskuld nog op beleggingsgraad gradeer, dui die negatiewe vooruitsig dat nog ’n afgradering later vanjaar ’n risiko bly.

Dié gevaar is ook deur ontleders en ekonome uitgelig.

Jabu Mabuza, voorsitter van Telkom en die CEO Initiative, het in ’n verklaring gesê Suid-Afrika se swak ekonomiese groei midde in resessionêre toestande sal nog verder verswak word deur die afgradering.

“Enige afgraderings van staatskuld in rand wat kan volg deur sowel Moody’s as Standard and Poor’s sal beteken dat Suid-Afrika nie meer op die World Government Bond Index teenwoordig sal wees nie, wat tot verdere uitvloei (van beleggingskapitaal) van ons land sal lei.

Die CEO Initiative reken hoe Suid-Afrika sal reageer op die afgradering, is van die uiterste belang.

“Volhoubare ekonomiese bemagtiging en hervorming sal net bereik word deur strukturele hervormings wat ingeslote groei bevorder.

“Populistiese beleid wat op oplossings in die korttermyn fokus en geen ag slaan op die nadele wat ons op toekomstige generasies afpak nie, sal net veroorsaak dat die ekonomie verder gly om geleenthede te verskaf tot voordeel van almal wat in die land woon.

“As ons nog negatiewe gevolge wil vermy, is dit van uiterste belang dat ons met ons fiskale plan voortgaan en die land se finansies streng bestuur.

Jabu Mabuza.

“Ons sal ook aan beleggers moet demonstreer dat ons ernstig is om korrupsie hok te slaan en te bestuur en dienslewering by ons staatsondernemings te verbeter. Dit sal dié ondernemings in staat sal stel om tot voordeel van almal te werk en nie ’n bykomende las op die fiskus plaas nie.

Die inisiatief het die tesourie se versekering dat beleidsdeursigtigheid en -kontinuïteit bo aan die agenda van die regering asook die ANC as heersende party bly, verwelkom.

Die tesourie het in sy verklaring gesê “die grondslag vir groter groei en sosiaal-ekonomiese ontwikkeling is reeds daargestel” synde:

* Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat alle regeringsbeleid anker;

* Die 9-punt-plan is goedgekeur as katalis vir groei vir die onmiddellike, en word geïmplimenteer;

* Planne om die strukturele uitdagings wat ekonomiese groei beperk, word reeds geïmplimenteer, veral ten opsigte van arbeidshervorming; en

* Hervorming van bestuur en finansiële swakhede wat staatsondernemings kenmerk, word ook ingestel.

Die kabinet het in dié verband:

* ’n Raamwerk goedgekeur om samewerking ten opsigte van infrastruktuurprojekte tussen die private sektor en staatsondernemings te rig;

* Riglyne aanvaar vir die vergoeding en aansporingstandaarde van direkteure van dié ondernemings;

* In breë terme ’n handleiding vir die aanstelling van direksies en uitvoerende hoofde aanvaar;

* Verdere konsultasie oor die eerste weergawe van ’n nuwe beleid vir staatsaandeelhouding voorgestel wat sal uitloop op oorbruggende wetgewing vir staatsondernemings; en

* Kennis geneem van die voorstel om die koste van staatsondernemings se ontwikkelingsmandate te bepaal.

Daar word luidens die tesourie se verklaring nie verwag dat die ANC se konferensies in Junie en Desember, tot beleidsbesluite sal lei nie, het die tesourie Vrydag laataand in sy verklaring gesê

Meer oor:  Jabu Mabuza  |  Gradering  |  Staatskuld  |  Ceo Initiative  |  Moody's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.