Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Waghond wil versekeraars wat nie betaal, vasvat

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) dreig met stappe teen versekeraars wat die nasionale staat van inperking gebruik as ’n verskoning om nie eise vir die onderbreking van sakebedrywighede te betaal nie.

santam
Die versekeringseise van duisende ondernemings, veral in die toerismebedryf, is afgekeur omdat versekeraars soos Santam meen dat hulle net verseker is vir ’n pandemie wat in hul onderneming uitbreek en nie vir die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie nie.

Die owerheid sê hy is besorg oor die gedrag van sommige versekeraars wat dit doelbewus vermy om eise vir die onderbreking van sakebedrywighede te betaal, terwyl daar geen gronde daarvoor bestaan nie.

Die FSCA sê in ’n verklaring “die staat van inperking kan nie deur enige versekeraar gebruik word as ’n grondige rede om ’n eis te verwerp nie”.

“Sulke optrede is teenstrydig met die beginsels van die billike behandeling van kliënte en ondermyn die vertroue in die versekeringsektor.”

Volgens die FSCA is dít reeds in Junie amptelik aan versekeraars gekommunikeer en stappe sal gedoen word teen diegene wat nie hul kliënte billik behandel nie.

Een van die vername beginsels onderliggend tot die hervorming van wetgewing in die finansiële sektor die afgelope jare, hou met die billike behandeling van kliënte verband en dat produkte só ontwerp moet word dat dit aan kliënte se behoeftes voldoen. Kliënte moet ook verstaan wat dit is wat hulle koop. Die fynskrif mag ook nie onbillik wees sodat kliënte nie hul regte ingevolge ’n versekeringspolis kan uitoefen nie.

Die FSCA sê hy neem ook kennis van die uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad vandeesweek in die saak van Café Chameleon en Guardrisk. Dit is in ooreenstemming met sy siening oor die kwessie.

Café Chameleon het die hofsaak gewen en die hof het beveel dat Guardrisk sy eis moet betaal vir die verlies wat hy gely het weens die Covid-19-pandemie in die land.

Meer oor:  Fsca  |  Santam  |  Café Chameleon  |  Guardrisk  |  Onderbreking  |  Versekering  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.