Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wat Cosatu van die staatsrede wil hê

Hier is van die tikkende tydbomme wat pres. Cyril Ramaphosa volgens die vakverbond Cosatu Donderdagaand in sy staatsrede moet aanpak:

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu.

Werkloosheid

Werkloosheid het in die eerste kwartaal 38% (volgens die breë definisie, wat ontmoedigde werksoekers insluit) beloop. Cosatu beskou dit as ’n nasionale krisis.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, gee toe miljoene werkgeleenthede kan nie oornag geskep word nie, en die taak kan nie net aan die departement van handel en nywerheid oorgelaat word nie.

Staatsondernemings

Cosatu wil hoor dat staatsondernemings sal hou by Ramaphosa se belofte dat werkers nie afgedank sal word nie. Cosatu is diep bekommerd oor die toestand van die staatsondernemings, en volgens Parks is geen tasbare planne nog gesien om dit te red nie.

“Al wat werkers hoor, is dat staatsondernemings duisende werkers wil aflê.”

Vervoer

Die mislukking van die Passasierspooragentskap (Prasa) is ’n aanval op werkers, volgens Cosatu. Ramaphosa moet die herstel van Prasa prioritiseer, die gevaarlike en onveilige minibustaxibedryf reguleer en openbare vervoer in stedelike gebiede uitbrei.

Meer oor:  Cosatu  |  Eskom  |  Matthew Parks  |  Cyril Ramaphosa  |  Staatsrede  |  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.