Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wees positief oor SA toekoms - Koseff, Motsepe

“Groei móét ons,” meen Stephen Koseff, wat onlangs as uitvoerende hoof van Investec afgetree het. Die eerste struikelblok lê in Suid-Afrikaners se pessimisme, en nie noodwendig op die markte nie.

Stephen Koseff, voormalige uitvoerende hoof van Investec.

Koseff het beaam wat Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, in sy toespraak gesê het: Wanneer dit kom by ons opinies oor die toekoms teenoor werklikheid is Suid-Afrikaners eenvoudig “hardkoppig dom”.

Koseff en Patrice Motsepe, voorsitter van African Rainbow Minerals, het deelgeneem aan ’n paneelbespreking oor die plaaslike ekonomie op Discovery se leierskapsberaad, wat Donderdag in Sandton gehou word.

Bill en Hillary Clinton, voormalige presidentspaar van die VSA, en David Cameron, oudpremier van Brittanje, praat namiddag op die beraad.

Die effek van al die misplaaste pessimisme is dat die “diep en groot geleenthede” in Suid-Afrika se ekonomie dikwels doodeenvoudig net misgekyk word, sê Gore.

Lees ook: Discovery: Leiers kan ekonomie help groei

Motsepe sê internasionale nuusdekking bly in die algemeen negatief oor Suid-Afrika, ongeag die prestasie van die land se groeikoers oor die afgelope tien jaar. Dié wanpersepsie is wat besig is om vele Suid-Afrikaners terug te hou van wat hy sê is ’n “uitstekende plek om besigheid te doen én te belê.”

Patrice Motsepe, uitvoerende hoof van African Rainbow Minerals. Foto: Elvira Wood

Motsepe is die sesde rykste mens in die land.

Gore sê die firma maak nie sy enorme beleggings in die land slegs vir filantropiese en liefdadigheidsredes nie, maar ook omdat daar “werklik soveel geleentheid is” hier.

Koseff verduidelik dat ’n mens slegs geleenthede kan begin gebruik as jy dieselfde “positiewe uitkyk het oor die toekoms van die land” wat maatskappye toelaat om met vertroue in Suid-Afrika te kan belê.

Koseff meen dat die mengelmoes take en doelwitte wat in Suid-Afrika se toekoms voorlê, net onderneem en bereik kan word deur ’n algemener strategie op vele fronte. Om suksesvol te wees, “kort ons dringend ’n positiewer narratief”, en die feite ondersteun dit reeds, glo Motsepe.

Maar eers wanneer die feite vir Jan Alleman begin help om sy opinie oor die toekoms akkuraat te vorm, kan die potensiaal van die Suid-Afrikaanse ekonomie dalk begin kop uitsteek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.