Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Welvaart: SA behou sy plek op ranglys
Ná ’n swakker 2015 het finansiële bates in 2016 met 7,1% gegroei tot ’n nuwe rekordhoogtepunt van €170 000 miljard, volgens Allianz. Grafika: Pixabay

Suid-Afrika is steeds nr. 36 uit 50 lande wat betref welvaart, dieselfde posisie wat hy die vorige jaar beklee het.

Dit is volgens die Allianz Global Wealth Report van 2017, die agtste sodanige verslag wat die bates en laste van huishoudings in 50 lande bestudeer.

Suid-Afrika se posisie op die ranglys bly dieselfde weens die markte se flou groei van 4,7%. Hoewel die groei effens hoër was as ’n jaar gelede, was dit minder as die inflasiekoers van 6,6%, volgens die verslag.

Op internasionale vlak was 2016 ’n polities onstabiele en onstuimige jaar, maar private welvaart het dit afgeskud: Ná ’n swakker 2015 het finansiële bates in 2016 met 7,1% gegroei tot ’n nuwe rekordhoogtepunt van €170 000 miljard, volgens Allianz.

Suid-Afrika se netto finansiële bates per capita is R111 640, wat hoër is as al die ander Brics-lande, behalwe China. Suid-Afrikaners se netto finansiële bates het egter met slegs 5,3% gegroei gedurende die jaar – een van die stadigste koerse onder die Brics-lande en minder as die gemiddelde van gevorderde markte.

Die groei in skuld het verlangsaam tot 3,2%, wys die verslag, wat daarop dui dat “Suid-Afrikaanse huishoudings dissipline met skuld toegepas het”.

Die gevolg is dat die skuldverhouding vir die eerste keer in tien jaar tot onder 45% geval het. Dit bly egter oor die algemeen hoog en hoër as die gemiddelde van 35% in ander ontluikende lande.

Luidens die verslag moet Suid-Afrika se “relatief hoë gemiddelde welvaart met ’n knippie sout geneem word, want dit is een van die lande waar welvaart oneweredig versprei is”.

“Meer as 70% van alle netto finansiële bates word besit deur 10% van die bevolking boaan die welvaartsleer.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Bates  |  Ongelykheid  |  Welvaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.