Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Welvaartfonds, staatsbank kom

Suid-Afrika gaan ’n soewereine welvaartsfonds kry, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede aangekondig.

Die fonds sal poog om die land se welvaart te bewaar en te laat groei, en om praktiese betekenis te gee aan die oproep dat mense deel in die land se rykdom, het Ramaphosa gesê.

President Cyril Ramaphosa. (Esa Alexander)
President Cyril Ramaphosa. (Esa Alexander)

Hy het egter geen nader besonderhede gegee oor waar dié rykdom vandaan gaan kom om in die fonds te stort nie.

Gewoonlik kom soewereine welvaartfondse se beleggings van reserwes van die sentrale bank, inkomste uit die uitvoer van natuurlike hulpbronne soos olie, winste uit privatisering en valutatransaksies.

Lande wat bekend is om hul soewereine welvaartfondse is Noorweë, wat van die winste uit sy oliebedryf daarin opgegaar het, asook Rusland en die Verenigde Arabiese Emirate, wat ook sy oliedollars daarin opgaar.

Daar is ook ’n staatsbank op pad, het Ramaphosa belowe. Dit is deel van die regering se poging om toegang tot finansiële dienste na alle Suid-Afrikaners uit te brei.

In die verlede was daar sprake dat die regering die Postbank, ’n afdeling van die Poskantoor, sou gebruik as grondslag vir ’n staatsbeheerde handelsbank.

Die konsep is nie te verwar met die beleidsdebat oor die nasionalisering van die Reserwebank nie. Die idee met ’n staatsbank is meer om ’n kommersiële handelsbank onder staatsbeheer te stig wat goedkoper lenings sal gee aan swart opkomende entrepreneurs wat sukkel om by die private handelsbanke lenings te kry.

Meer oor:  Cyril  |  Ramaphosa  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Staatsrede2020  |  Staatsrede  |  Staatsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.