Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werk begin aan staat se eie bank

Die nasionale tesourie het bevestig dat die proses begin is vir die ontwikkeling van ’n staatsbeheerde bank.

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Adrian de Kock

Tito Mboweni, minister van finansies, het dié nuus Donderdagaand in die parlement bevestig.

David Masondo, adjunkminister van finansies, is in beheer van die proses, het Mboweni gesê.

“Ek en die adjunkminister het die nodige pligte tussen die twee van ons verdeel. En een van die pligte is om die proses te begin om die bank op te rig.”

Volgens Mboweni is die oprig van ’n staatsbeheerde bank noodsaaklik omdat Suid-Afrikaners reeds jare lank kla die bestaande kommersiële banke diskrimineer teen hulle met die bied van sekere dienste soos langtermynlenings.

“Ons reageer op ’n noodkreet van ons mense,” sê Mboweni.

“Dié noodkreet het basies te make met die diskriminerende aard van die bankbedryf.

“Daar moet iets daaromtrent gedoen word. Derhalwe het Masondo ’n groot taak ophande.”

Die registrateur van banke het in die jaar tot einde Maart altesaam 27 aansoeke ontvang vir die registrasie van verskillende tipes banke.

Dit sluit in vier nuwe handels-, onderlinge en koöperatiewe banke.

Minstens twee nuwe handelsbanke het in die laaste paar maande begin sake doen, naamlik TymeBank en Discovery Bank.

Daar is reeds 34 banke in Suid-Afrika geregistreer waarvan 15 internasionale banke is. Fin24, bygewerk

Meer oor:  Tito Mboweni  |  David Masondo  |  Bankbedryf  |  Tesourie  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.