Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werk: Bloedbad in vervaardiging, finansiële dienste

Daar was in die tweede kwartaal ’n bloedbad van poste in verskeie bedrywe in die formele sektor van die ekonomie.

Dit sluit in:

  • 15 000 minder mense werk in vervaardiging,
  • 14 000 minder in die finansiële sektor,
  • 10 000 minder in die handel, en
  • 9 000 minder in konstruksie.

Die syfers is die daling in die aantal mense wat in ’n bedryf werk en verteenwoordig sowel afleggings as poste wat ná bedankings of aftrede nie weer gevul word nie. Dis verliese net tussen die eerste en tweede kwartaal.

Nog 2 000 mense het hul werk in die formele sektor verloor. Illustrasie: iStock

Altesame het die formele sektor in dié kwartaal 2 000 minder mense in diens gehad as aan die begin van die jaar, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES).

Die verliese is teengewerk deur onder meer die aanstelling van 44 000 mense in die sektor vir gemeenskapsdienste, wat die staatsdiens en staatsinstellings insluit. Duisende mense is in die tweede kwartaal tydelik deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangestel vir die algemene verkiesing in Mei.

Die syfers beteken 10 172 000 mense het einde Junie werk gehad in die formele sektor, wat die landbou, informele sektor en private huishoudings uitsluit. SSA gee die persentasie daling as 0% aan (dis minder as 0,2%).

Vergeleke met ’n jaar gelede het die formele sektor wel ’n stewige aantal poste – 141 000 – geskep. Dis ’n styging van 1,4%.

Van jaar tot jaar het vier uit die agt sektore wat SSA meet, werk geskep, met die grootste groei, van 74 000, in gemeenskapsdienste en die tweede grootste, van 58 000, in die handel. Sakedienste, wat die finansiële sektor insluit, het oor die loop van die jaar 38 000 poste geskep.

Die grootste verlies van poste vergeleke met verlede jaar was konstruksie, wat 30 000 minder mense in sy diens het. Sien ook die grafika hieronder.

Van heeltyds tot deeltyds
Nog ’n kommerwekkende tendens uit die QES is dat permanente poste vinniger afgeskaf word. In die kwartaal is altesame 26 000 minder mense permanente werk gehad.

Die QES meet slegs indiensneming in die formele sektor by maatskappye wat vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) geregistreer is en ’n omset van meer as R300 000 per jaar het. Dit verskil van die kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS), waaruit die land se amptelike werkloosheidskoers saamgestel word en waarin individue gevra word of hulle werk en waar.

Werkloosheid in die tweede kwartaal het 29% beloop en uitgebreide werkloosheid 38,5%. Albei is rekordvlakke. Uitgebreide werkloosheid sluit werkloses in wat nie aktief werk soek nie omdat hulle ontmoedig voel in die huidige arbeidsmark.

Die land se ekonomie het wel in die tweede kwartaal gegroei, met 3,1% op ’n kwartaalgrondslag en met 0,8% teenoor ’n jaar vantevore.

k
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.