Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werk geskep, maar só gaan SA nie teikens haal

Om oor die volgende tien jaar twee miljoen poste vir jong mense te skep, ’n mikpunt wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede gestel het, sal die land 50 000 nuwe poste per kwartaal of 200 000 per jaar moet skep.

Werkloosheid is een van Suid-Afrika se grootste uitdagings. Dit beloop nou 27,6%. Foto: Argief

In die eerste kwartaal van 2019 het die formele sektor slegs 22 000 nuwe poste geskep. Dis ook net 76 000 poste méér as in dieselfde kwartaal van 2018.

Dié syfers uit die kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) wat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag uitgereik het, sluit weliswaar die informele sektor, landbou en private huishoudings uit. Aan die ander kant is ’n groot deel van die 19 000 nuwe poste by staatsinstellings slegs tydelike poste wat in aanloop tot die Mei-verkiesing geskep is.

Volgens die QES werk 10 174 000 mense nou by Suid-Afrikaanse firmas, ’n styging van slegs 0,2% op ’n kwartaalgrondslag en van 0,8% op ’n jaargrondslag. Die jaarsyfer is die helfte van die groei wat nodig is om jong mense wat die arbeidsmark te betree, te kan akkommodeer.

Die vooruitsig vir werkskepping lyk ook uiters swak in die lig van verskeie groot aankondigings van afleggings die afgelope ruk.

Dit sluit in:

  • Tot 1 200 mense kan hul werk verloor omdat Standard Bank 104 takke gesluit het.
  • MultiChoice het pas die sluiting van takke en oproepsentrums aangekondig wat tot 2 194 hul werk kan kos.
  • Group Five se sakeredding gaan tot 3 000 mense hul werk kos.

Verskeie ander maatskappye en bedrywe is ook met herstrukturering besig wat mense hul werk kan kos.

Nietemin sal die formele sektor se syfers waarskynlik wel in die tweede kwartaal groei toon danksy die aanstelling van duisende kiesbeamptes.

werkloosheid
Meer oor:  Werkloosheid  |  Indiensneming  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.