Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werkloosheid haal nóg ’n rekord

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het vir die derde agtereenvolgende kwartaal tot ’n rekord gestyg.

Amptelike werkloosheid was in die eerste kwartaal 32,6%, teenoor 32,5% einde 2020, het Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak.

Uitgebreide werkloosheid, wat ook ontmoedigde werksoekers insluit, het ook tot ’n rekord gestyg. Dis nou 43,2%, teenoor 42,6% einde 2020.

k

Daar is nou altesame 11,4 miljoen mense in die land wat óf werk soek óf tydelik opgehou het om werk te soek. Dit sluit mense uit wat skoolgaan of studeer.

In die eerste kwartaal van 2021 het byna 1,4 miljoen mense wat ’n jaar gelede werk gehad het, hul werk verloor. Die aantal mense met werk was ook 28 000 minder as in die laaste kwartaal van 2020.

Indiensneming volgens sektor

SSA vergelyk syfers sowel op ’n kwartaalgrondslag, dus vergeleke met die laaste kwartaal van 2020, as op ’n jaargrondslag, dus vergeleke met die eerste kwartaal van 2020. Die jaarsyfers toon die impak van die Covid-19-pandemie aangesien, waarvoor die eerste inperkings einde Maart ingestel is. 

  • Formele sektor: Dié sektor het in die eerste kwartaal altesame 79 000 meer mens in diens gehad, maar 707 000 minder – dus byna miljoen – minder as ’n jaar gelede.
  • Informele sektor: Dié sektor het in die eerste kwartaal 19 000 minder werknemers gehad, en ook 419 000 minder as ’n jaar gelede.
  • Landbou: Boere en landbou-ondernemings het 18 000 minder werknemers as einde 2020 gehad, en 70 000 minder as ’n jaar gelede.
  • Private huishoudings: Dié sektor, wat huiswerkers, tuiniers en kinderoppassers insluit, het in die eerste kwartaal 70 000 minder werknemers gehad, en 189 000 minder as ’n jaar gelede.

Indiensneming volgens bedryf

In die eerste kwartaal het vier bedrywe mense aangestel teenoor die einde van 2020, naamlik mynbou (12 000), vervaardiging (7 000), konstruksie (16 000) finansiële en sakedienste (215 000) en gemeenskapsdienste (16 000).

Teenoor ’n jaar gelede het slegs finansiële dienste meer mense in diens gehad, en ook net 10 000 meer.

Die grootste verlies aan poste was oor die loop van die jaar was in die handel, wat ook restaurante en hotelle en ander verblyfplekke insluit. Teenoor die eerste kwartaal van 2020 het 341 000 minder mense nou in dié sektor werk.

Konstruksie het 265 000 poste oor die loop van die jaar verloor en vervaardiging 208 000.

Gemeenskapsdienste het 192 000 poste verloor. Dit sluit die staatsdiens in, maar ook persoonlike dienste soos skoonheidsterapeute, haarkappers en persoonlike afrigters – nog ’n sektor wat baie swaar deur die pandemie getref is.

Vervoer, logistiek en telekommunikasie het 92 000 poste oor die jaar verloor en mynbou 41 000.

k
k

Werkloosheid oor provinsies heen

Werkloosheid wissel van 23,4% in die Noord-Kaap tot 43,8% in die Oos-Kaap.

Uitgebreide werkloosheid wissel van 27,9% in die Wes-Kaap tot 49,6% in die Oos-Kaap.

Dis teenoor die landwye gemiddeld van onderskeidelik 32,6% en 43,2%.

k

Meer oor:  Handel  |  Ekonomie  |  Mynbou  |  Werkloosheid  |  Hotelle  |  Huiswerkers  |  Werkloosheidskoers  |  Restaurante  |  Landbou  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Indiensneming  |  Vervaardiging  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.