Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werkloosheid in VSA daal skerp

Die werkloosheidskoers in die VSA het onverwags skerp met 2,2 persentasiepunte gedaal namate ekonomiese bedrywighede in die land hervat word.

Pres. Donald Trump van die VSA. Foto: Getty Images

Die VSA se buro vir arbeidstatistieke het Donderdag die jongste werkloosheidsyfers bekend gemaak. Dit was ’n dag vroeër as normaalweg omdat Vrydag ’n openbare vakansiedag in die VSA was.

Luidens die verslag het die werkloosheidskoers in Junie met 2,2 persentasiepunte tot 11,1% verbeter.

Dit beteken 4,8 miljoen poste is in Junie geskep.

Pres. Donald Trump sê dit is die grootste styging in poste in die land se geskiedenis.

“Vandag se aankondiging bewys dat ons ekonomie koning kraai. Hy kom beduidend sterk terug,” het Trump Donderdag op ’n mediakonferensie gesê.

Die daling in die werkloosheidskoers volg egter op die twee hoogste vlakke sedert die Tweede Wêreldoorlog in April en Mei.

Dit was in April op 14,7%. Die 11,1% van Junie is steeds hoër as enige ander stadium die afgelope bykans 80 jaar.

“Al het die werkloosheidskoers in Mei en Junie gedaal, is dit, en die getal mense sonder werk, steeds onderskeidelik 7,6 persentasiepunte en 12 miljoen hoër as in Februarie,” het die buro vir arbeidstatistieke in ’n verklaring gesê.

Sedert die aanvang van die koronaviruspandemie het die Amerikaanse ekonomie 22 miljoen poste verloor.

NBC berig werkloosheidsversekeringseise neem steeds toe en is drie keer meer as normaalweg.

In Junie het 1,427 miljoen nuwe mense eise vir werkloosheidsversekering ingedien.

Voor die krisis was dié maandelikse syfer nader aan 350 000.

k
Meer oor:  Vsa  |  Werkloosheid  |  Wêreldekonomie  |  Werkloosheidskoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.