Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werkloosheid is tydbom, sê Eskom-voorsitter
Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom. Foto: Elvira Wood

“Suid-Afrika moet die staatsondersteuning vir onderwys, asook die privaat sektor se betrokkenheid verhoog om vernietigende werkverliese te stuit,” het Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, gesê.

“Ons oorhoofse doelwit moet wees om die invloed van beleidsingryping te vergroot deur groei te kry wat werk skep.”

Mabuza is ook die voorsitter van Business Leadership South Africa (BLSA).

Hy het die kommentaar gelewer in ’n meningstuk in die Financial Mail.

“Almal moet ’n rol speel om ons yslike tydbom van werkloosheid te oorkom.”

Die werkloosheidsyfer in die land het in die eerste kwartaal tot bykans die hoogste vlak in 15 jaar gestyg tot 27,6%. – Bloomberg

Meer oor:  Eskom  |  Jabu Mabuza  |  Armoede  |  Indiensneming  |  Ekonomiese Groei  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.