Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Werkloosheid skiet op tot 42%
werkloosheid
’n Volle 2,2 miljoen minder mense het werk gehad in die tweede kwartaal. Foto: Getty Images

’n Volle 2,2 miljoen minder mense het werk gehad in die tweede kwartaal, en Suid-Afrika se uitgebreide werkloosheidsyfer staan nou op 42% teenoor 39,7% in die eerste kwartaal.

Dit is weens die skok van die Covid-19-inperking op Suid-Afrika se werksmag.

Daar was in die tweede kwartaal dus net 14,1 miljoen mense in Suid-Afrika met sy bevolking van byna 60 miljoen wat amptelik werk gehad het.

Dit is die grootste daling in indiensnemingsyfers van ’n eerste kwartaal na ’n tweede kwartaal wat tot nog toe deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) aangeteken is sedert die kwartaallikse arbeidsmagpeiling in 2008 begin is, het die instansie gesê.

Volgens SSA is die amptelike werkloosheidskoers vir die tweede kwartaal laer op 23,3% vanaf die eerste kwartaal se 30,1%, maar dit is bloot ’n tegniese punt omdat die definisie van die amptelike werkloosheidskoers bepaal dat mense net “werkloos” is as hulle nog aktief werk soek, terwyl die inperking ook mense verhoed het om werk te soek.

Die grootste werkverliese was in gemeenskaps- en maatskaplike dienste waar 515 000 mense hul werk verloor het, gevolg deur handel (373 000) en private huishoudings (311 000). Die handelsektor sluit restaurante en die breë toerismebedryf in waar die inperking veral ondernemings getref het. Private huishoudings se skerp werkverliese verteenwoordig huiswerkers en tuiniers wat weens die inperking nie kon werk nie.

grafika

Die sektor vir gemeenskaps- en maatskaplike dienste sluit persoonlike dienste soos haar- en skoonheidsalonne in wat eers laat in Junie weer kon oopmaak, vandaar die skerp werkverliese in dié sektor.

Uit die 14,2 miljoen mense wat in die tweede kwartaal werk gehad het, het net 58,1% wel gewerk tydens die inperking. Sowat 17% van hulle het aangedui hulle werk van die huis af, en meer mense het van die huis af gewerk in Gauteng en die Wes-Kaap as in ander provinsies.

Volgens SSA is een uit vyf van die werkendes se salarisse gesny weens die inperking.

grafika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.