Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wes-Kaap begin veldtog om SA toeriste te lok

Die Wes-Kaapse regering, in samewerking met Wesgro, het ’n veldtog begin om toeriste na Kaapstad en die Wes-Kaap te lok.

Hulle het verlede week geleenthede in Johannesburg en Durban aangebied om die “We are Open”-veldtog amptelik van stapel te stuur.

In die veldtog stel verskeie video’s elkeen ’n unieke streek in die Wes-Kaap bekend wat dan met ’n internasionale ekwivalent vergelyk word. Die doel is om mense daarvan bewus te maak dat die Wes-Kaap en Kaapstad enigiets aan hulle kan bied wat hulle in die buiteland kan beleef.

Baie mense moes weens die koronaviruspandemie hul planne kanselleer om na die buiteland se reis.

Die Wes-Kaapse wetgewer en Wesgro sê in ’n verklaring hulle span ook sosiale media in om die reikwydte van hul boodskap te vergroot.

Luidens die verklaring is die Wes-Kaap veral vir gesinne bekostigbaar omdat baie toerisme-ondernemings deelneem aan die “Kinders bly gratis”-program.

David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, sê in die eerste drie weke van Oktober het 75 373 binnelandse passasiers by die Kaapstadse Lughawe aangekom. Die hoop is dat dié getal sal styg in die aanloop tot die vakansieseisoen.

Besoek https://www.wesgro.co.za/travel/blog/feels-like-faraway om na die veldtog-video’s te kyk.

Meer oor:  David Maynier  |  Covid-19  |  Ekonomie  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.