Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
GRAFIKA: Wes-Kaap weer tops met oudits

Die Wes-Kaap was weer eens die bes presterende provinsie in die ouditeur-generaal (OG) se ouditverslag vir 2019-’20.

Tot 70% van die entiteite en departemente in die Wes-Kaap het skoon oudits gehad.

Die res van die land se provinsies het wisselvallig presteer.

k

Oos-Kaap

Vier entiteite het hul oudits verbeter en een het versleg.

Beter leierskap en toesig is wat bygedra het tot die verbeterings, het Tsakani Maluleke, OG, Woensdag gesê met die bekendmaking van haar eerste ouditverslag oor nasionale en provinsiale departemente en staatsentiteite.

Sy waarsku teen die swak interne beheer by die Oos-Kaapse departemente van gesondheid, vervoer en onderwys, asook teen die oortreding van finansiële wetgewing wat by dié departemente plaasvind wat ’n negatiewe impak het op hoe hulle geld bestee.

Daar is ’n stewige en standhoudende patroon van goeie oudits in die Wes-Kaap, maar die styging in onreëlmatige besteding wek kommer.
Wes-Kaap

Almal behalwe die departement van landbou in die provinsie het hul state betyds ingedien sonder dat wysigings later nodig was, wat volgens die OG dui op goed gevestigde beheer.

Daar is ’n stewige en standhoudende patroon van goeie oudits in die Wes-Kaap, maar die styging in onreëlmatige besteding wek kommer.

Die enigste klein entiteit met ’n afwysende oudit met bevindings in die Wes-Kaap is die Montagu-museum, volgens inligting van die OG.

Vrystaat

Vir die eerste keer sedert die 2016-’17-boekjaar het die Vrystaat minstens een skoon oudit gekry. Dit was vir die provinsiale tesourie.

Verder het drie entiteite hul oudits verbeter en een het versleg.

Maluleke waarsku teen ’n gebrek aan verantwoordbaarheid wat voortduur in die Vrystaat, asook ’n kultuur van geen gevolge.

Dit is geskep deur die politieke en administratiewe leiers se onvermoë om gevolgebestuur toe te pas vir die hardnekkig volgehoue gevalle waar wetgewing oortree word.

Die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie het ’n afwysende ouditmening ontvang.

Gauteng

In Gauteng het vier entiteite hul oudits verbeter, maar vier het verswak.

Daar is nie genoeg gevolgebestuur en monitering in Gauteng nie, het die OG gewaarsku.

Daar is wel verbetering in die gehalte van finansiële state. Die Gautengse Behuisingsfonds het egter ’n afwysende ouditmening ontvang.

KwaZulu-Natal

Vyf entiteite het hul oudits verbeter en een het versleg. Ondanks die vordering is groter dissipline nodig om basiese voorkomende beheermaatreëls in te stel, sê Maluleke.

Limpopo

Ses entiteite se oudits het verbeter, en die vordering is merkbaar, volgens die OG.

Die provinsiale tesourie het toesig versterk, hoewel voldoening aan wette en regulasies nog ’n leemte is, met administratiewe leiers en senior bestuur wat stadig is om vorige swak ouditbevindings op te volg.

Vier entiteite het skoon ouditmenings ontvang.

Mpumalanga

Drie entiteite het verbeter en een het versleg, en voorkomende maatreëls is by die meeste entiteite nog nie ingewortel nie.

Noord-Kaap

Twee entiteite het verbeter en een het verswak.

Meer as die helfte van die provinsie se departemente kon nie finansiële state van gehalte voorlê nie. Dit wys die daaglikse dissiplines van boekhouding en beheer is nie in plek nie, volgens die OG.

Noordwes

Hoewel twee entiteite verbeter en een verswak het, is daar steeds vyf groot entiteite met afwysende oudits, asook drie klein entiteite.

Groter verantwoordbaarheid is nodig. Die provinsiale tesourie kon wel sy status van skoon oudit behou.

  • Vind hier meer volledige inligting oor die OG se jongste verslag.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.