Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wilde week vir die rand verwag

Ontleders verwag ’n wipwarit vir die rand dié week soos hy deur sowel plaaslike as internasionale faktore geskommel gaan word.

Die BBP vir die eerste kwartaal word Dinsdag uitgereik. Foto: Bloomberg

Die rand het Maandagoggend reeds tussen R14,54 en R14,62 teenoor die dollar geskommel, maar Reezwana Sumad, navorsingsontleder van Nedbank, verwag dat die rand dalk tot selfs R14,70 sal verswak deur die loop van die dag.

André Botha, senior verhandelaar van TreasuryOne, sê op die oomblik is daar ’n beroep op Amerika se sentrale bank, die Federale Reserweraad, om die rentekoers te verlaag te midde van kommer oor wêreld- ekonomiese groei.

Die pessimisme oor wêreldgroei kom in die lig van pres. Donald Trump van die VSA se dreigement dat hy invoertariewe teen Mexiko en Indië wil verhoog.

Dit het die goudprys tot meer as $1 300 per fynons laat styg.

Dit kan goeie nuus vir die rand wees omdat dit beleggings in staatseffekte kan verhoog en dus geld die land laat invloei.

Die rand gaan egter na verwagting verswak na gelang van hoe swak die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van die jaar is. Statistieke Suid-Afrika reik dié syfer Dinsdag uit.

’n Kwartaallikse inkrimping van tot 1,6% word verwag.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R18,46 teenoor die Britse pond en R16,31 teenoor die euro verhandel.

  

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 314,04 per fynons
  • Platinum: $799,10 per ons
  • Olie: $62,23 per vat

  

Digitale geld

  

  • Bitcoin: $8 512,61/R123 804,85
  • Ethereum: $263,17/R3 825,51

Meer oor:  Rand  |  Dollar  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.