Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Winkels se verkope kom weer byna tot halt in Maart

Die groei in kleinhandelsverkope het in Maart weer byna tot stilstand gekom met reële groei van 0,2% jaar tot jaar.

Woolworths se aandeelprys het ook Woensdag gedaal. Foto: Verskaf

Die reële groei behels dat Statistieke Suid-Afrika die impak van prysstygings uit die syfers haal.

In die vorige twee maande het kleinhandelsverkope jaar tot jaar elke keer met 1,4% gestyg.

Die grootste bydraer tot die groei in Maart is van algemene handelaars afkomstig. Hul verkope het jaar tot jaar met 1,8% in reële terme gestyg.

Klerehandelaars se verkope, wat die tweede grootste bydraer is, het met 1,8% jaar tot jaar gedaal.

Kleinhandelaars wat meubels en huishoudelike toestelle verkoop, het jaar tot jaar verkopegroei van 1,9% behaal.

Kleinhandelsverkope het in die eerste kwartaal van 2019 met 1% jaar tot jaar gestyg.

Die genoteerde kleinhandelaars se aandeelpryse is al heel dag onder druk en het almal om en by 12:45 tot ’n laagtepunt vir die dag gesak. Dit is nie seker hoekom nie want die syfers van Statistieke Suid-Afrika is eers 13:00 uitgereik.

Mr Price se aandeelprys het die skerpste gedaal met 3% terwyl Woolworths amper ook met soveel gedaal het.

Truworths en The Foschini Group het ook met meer as 2% gedaal. Pepkor het met net meer as 1% gedaal.

Die koswinkelgroepe Shoprite, Spar en Massmart het met meer as 2% gedaal. Pick n Pay was minder as 1% laer.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Shoprite  |  Spar  |  Woolworths  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Verkope  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.