Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wolk oor Duitse ekonomie raak ook SA

Is Duitsland se ekonomie in die moeilikheid? Die pols van die wêreld se vierde grootste ekonomie word Woensdag gemeet wanneer die land se bruto binnelandse produk (BBP) vir die tweede kwartaal uitgereik word.

Werkers sit ’n Volkswagen Polo aanmekaar in die vervaardiger se aanleg in Uitenhage. Foto: Waldo Swiegers

Die afgelope jaar hang ’n wolk oor Duitsland wat grootliks toegeskryf word aan die handelsoorlog tussen China en Amerika. Duitsland is ’n uitvoergedrewe ekonomie en hoër handelstariewe en ’n swak wêreldekonomie knou sy ekonomie.

Vir Suid-Afrika is dit van groot belang omdat Duitsland onder die vyf lande is waarna Suid-Afrika die meeste uitvoer. In Junie, volgens die nuutste beskikbare syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, was Duitsland die land waarheen 7% van Suid-Afrika se uitvoer volgens waarde gegaan het. Dis die tweede grootste persentasie, ná China (11,3%) en voor Amerika (6,6%).

Vir die jaar tot einde Junie het Suid-Afrika nagenoeg R48 miljard se goedere na Duitsland uitgevoer, waarvan verreweg die grootste persentasie R27,8 miljard se voertuie is.

Indien dié pas volgehou word, sal Suid-Afrika vir die tweede jaar agtereenvolgens meer as R50 miljard se motors en motoronderdele na Duitsland uitvoer. Dis egter ’n ope vraag of 2018 se syfer, R57,6 miljard, geëwenaar gaan word.

Duitsland se ekonomie groei die afgelope jaar baie traag. Kwartaalgroei was die afgelope drie kwartale onderskeidelik -0,2% vir die derde kwartaal van 2018, 0% vir die laaste kwartaal van 2018 en 0,4% in die eerste kwartaal van 2019.

Ontleders voorspel dat groei vir die tweede kwartaal van 2019 negatief was. Dit beteken die land gaan nog nie ’n resessie binne nie, maar staan ’n kwartaal weg daarvan.

In Julie het die Internasionale Monetêre Fonds 0,7% se groei vir Duitsland vir die volle 2019 voorspel.

Bloomberg raam dat die ekonomie in die tweede kwartaal met -0,1% gegroei het.

Verskeie groot Duitse maatskappye, insluitende Continental, Daimler (vervaardiger van Mercedes-Benz), BASF en Lufthansa het die afgelope ruk hul winsverwagting vir hul lopende boekjaar verlaag.

Vervaardigingsproduksie het in Junie met 6,1% gedaal vergeleke met ’n jaar vantevore. Dis die grootste daling sedert die wêreldwye resessie van 2009.

Meer oor:  Duitsland  |  Ekonomie  |  Wêreldekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.