Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Word wakker, POF-stelsel werk nie’
Die wrak van die bakkie ná 'n ongeluk vroeër vanjaar by Zuurbekom aan die Wes-Rand. Voortaan sal nie meer bewys moet word wie se skuld ’n ongeluk is nie.

Die oorweldigende indruk uit die openbare sittings oor ’n nuwe skema vir Padongelukkefonds (POF)-eise, is dat mense glo die huidige stelsel werk nie.

“Wat mense vir ons sê, is: Word wakker, dit is die realiteit,” sê Dikeledi Magadzi, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer.

Die komitee het die afgelope drie weke openbare sittings oor die wetsontwerp oor die POF-voordeelskema gehou.

Die doel daarvan is om ’n nuwe meganisme te skep waardeur mense wat in motorongelukke beseer is, van die POF kan eis.

Dit behels onder meer ’n eenvoudiger stelsel wat as volg lyk:

  • Spesifieke en maksimum bedrae sal voorgeskryf word wat geëis kan;
  • Daar sal nie meer bewys moet word wie se skuld ’n ongeluk was nie;
  • Voordele verstryk ná ’n tydperk; en
  • Eisers hoef nie verplig te word om deur prokureurs te eis nie, maar kan regstreeks by die POF eis as hulle dit so verkies.

Die komitee het Donderdag ’n terugskouing gedoen oor die belangrikste aspekte wat op die openbare sittings uitgelig is.

Mense het gekla dat daar beter gekommunikeer kan word oor die voordele van die POF.

Die bedrae wat geëis kan word, moet duidelik in die wetsontwerp uitgespel word, is gevra.

Die vraag is gevra hoe die regering die skema kan bekostig as die brandstofheffings reeds so hoog is.

Baie mense dink dit is onregverdig dat ’n dronkbestuurder wat ’n ongeluk veroorsaak het, maar ook beseer is in die ongeluk, ook kan eis op dieselfde grondslag as onskuldige slagoffers.

Mense vra vir meer en beter kommunikasie oor presies hoe die POF werk, en waar en hoe die beseerde slagoffers van motorongelukke kan eis.

Baie het gekla dit vat baie lank om te eis – wat dui op die probleme met die huidige stelsel waar bewys moet word wie se skuld die ongeluk was.

Die komitee sal die wetsontwerp nou klousule vir klousule deurgaan, met inagneming van die openbare kommentaar en die regsmening van die parlement se regsdienste.

Chris Willemse, senior bestuurder van die POF, het vroeër vanjaar aan die komitee gesê die huidige stelsel is onvolhoubaar en te duur weens die uitgerekte en duur proses om deur prokureurs skikkings oor eise te bereik.

Willemse het al twee jaar gelede gewaarsku dat die fonds insolvent is. Die fonds word uit die POF-heffing gefinansier wat motoriste betaal elke keer as hulle brandstof ingooi. Die heffing is tans R1,93 per liter.

Meer oor:  Motorongelukke  |  Padongelukkefonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.