Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
WVF: Covid-19-eise vir Mei nou oop

Ondernemings wat weens die Covid-19-inperking nie hul werknemers ten volle kan betaal nie, kan van Woensdag aansoek doen vir Mei se Covid19Ters-betalings.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het binne die eerste vyf weke R15 miljard aan meer as drie miljoen werknemers uitbetaal ingevolge dié tydelike verligtingskema. Dit word as ’n “historiese eerste” beskryf.

wvf
Die WVF het R15 miljard binne vyf weke aan 3 miljoen werkers uitbetaal wat deur die Covid-19-inperking inkomste verloor het. Foto: Unsplash

Die departement van indiensneming en arbeid, waaronder die WVF resorteer, sê in ’n verklaring die fonds is onder geweldige druk om die magdom Covid-19-verwante eise uit te betaal tesame met gewone maandelikse eise vir werkloosheid en kraamvoordele.

Volgens die werkgewersorganisasie Neasa se daaglikse peiling het 32% van werkgewers wat in April vir die Covid19Ters aansoek gedoen het, steeds nie hul betaling ontvang nie. Van dié wat wel geld gekry het, reken net 23% hulle het die regte bedrag ontvang.

Thulas Nxesi, die minister, sê ondanks verskeie uitdagings is dit prysenswaardig wat die WVF kon regkry.

Hy sê die negatiewe impak van Covid-19 gaan voortsleep, selfs nadat die land Maandag na vlak 3 verskuif.

“Ons verwag ’n toename in arbeidsdispute weens afleggings soos werkgewers staande probeer bly. Dit sal ongetwyfeld nog druk plaas op ons vermoë om ons plig vir maatskaplike sekerheid aan die publiek te lewer.”

Die departement stuur Donderdag ’n afvaardiging na die bedingingsforum Nedlac, waar die WVF se langtermyn- tegniese en finansiële vermoëns onder meer bespreek sal word. Nxesi sê daar moet verseker word dat die WVF ook ná Junie 2020 kan aanhou verligting bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.