Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘WVF móét oop bly,’ eis DA
Die WVF sal nie al die eise slegs deur sy aanlyn portaal kan prosesseer nie, sê die DA. Foto: Unsplash

Die DA eis Dinsdag dat die departement van indiensneming en arbeid dringend sy arbeidsentrums moet heropen om te verhoed dat ’n “ongelooflike” aantal behoeftiges hierdeur geraak word.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het te midde van die staat van inperking al sy kantore landwyd gesluit.

Hy het aangedui dat alle aansoeke vir voordele van die fonds nou aanlyn gemaak moet word.

Die DA sê egter dit is nie genoeg nie en derduisende werkloses sal agtergelaat word in ’n tyd waar werkloosheid net toeneem.

“Die rede vir die sluiting van arbeidsentrums was om die verspreiding van Covid-19 te beperk,” sê Michael Cardo, DA-LP, Dinsdag in ’n verklaring.

“Hoewel dit te verstane is, het dit ook die uitwerking dat die eisers van die WVF nou sonder heenkome is in ’n tyd waarin hulle die departement se hulp die nodigste het.”

Die DA voer aan dat talle eisers van WVF-voordele nie toegang tot ’n rekenaar het om aanlyn vir voordele aansoek te doen nie. Dit is veral moeilik gegewe die staat van inperking wat ook dié mense tot hul huise inperk en hulle dus nie elders ’n rekenaar kan gebruik nie.

Die WVF het slegs een e-posadres beskikbaar gestel vir alle eise van die werknemers van talle ondernemings wat weens die staat van inperking moes sluit.

Volgens die DA sal al dié mense nie deur net een kanaal toegang kan kry om vir voordele aansoek te doen nie.

LEES OOK: WVF en Covid-19: Só kan jy eis

Cardo meen dit is wel moontlik dat die WVF met verminderde personeel hul takke steeds kan oophou, met streng maatreëls van byvoorbeeld die handhawing van ’n gesonde afstand tussen mense.

“Talle kleiner ondernemings sal in die tyd van inperking nie hul werknemers kan betaal nie,” sê Cardo.

Toegang tot die WVF se dienste is dus van uiterste belang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.