Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
WVF se vesel breek, aansoeke tans gestaak

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) kan nie soos beplan vandag al begin met aansoeke vir Mei se Covid19Ters-voordele nie weens ’n fout met sy optiese vesel.

Die WVF se internet is op die koffie. Foto: Pexels

In wat die WVF Woensdag ’n “fratsongeluk” noem, het sy netwerk in duie gestort toe sy optiesevesel-verbinding aan die staat se informasie-en-tegnologie-agentskap (Sita) gebreek het.

Dit beteken hy het geen manier om tans aansoeke te verwerk nie.

Die WVF het Dinsdagaand gesê hy sou Woensdag amptelik aansoeke vir voordele vir die Covid19Ters-skema vir Mei oopmaak.

Teboho Maruping, uitvoerende hoof van die WVF, sê al die moontlike word gedoen om die fout so gou as moontlik reg te stel sodat aansoeke wel Woensdag kan begin verwerk word, soos beplan.

“In die algemeen het ons nog ons kop bo water gehou ten spyte van (’n oorvloed aansoeke oor die afgelope twee maande),” sê Maruping.

“Daar is geen rede om te dink dat ons nie onsself sal druk om op te vang nie.”

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Werkloosheid  |  Vlak 3  |  Wvf  |  Vlak 4  |  Werkloosheidsversekering  |  Covid19ters  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.