Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wysig beleid en ‘werkverliese sal stop’
Werksverliese moet verminder word, waarsku Solidariteit. Illustrasie: iStock

Die regering se bestaande ekonomiese beleid onderdruk die vervaardigingsbedryf. Die regering moet die beleid dringend herevalueer om werkverliese te keer, waarsku die vakbond Solidariteit.

“Hoewel maatskappye talle uitdagings in plaaslike en internasionale markte as redes vir afleggings voorhou, word aanhoudend aangevoer dat mededingender tariewe vir krag en vervoer nodig is om internasionaal te kan meeding.

“Maar die regering maak dit onmoontlik vir maatskappye om met hul internasionale mededingers mee te ding weens sy rol in verhoogde produksiekoste, wisselvallige kragvoorsiening en die verhoging van elektrisiteitstariewe wat die hoofoorsake vir die afleggings is,” sê Willie Venter, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris van metaal en ingenieurswese.

Ná ’n rampspoedige 2019 in die vervaardigingsbedryf, waarin meer as 7 000 mense hul werk verloor het, duur die afleggingsbloedbad voort. Samancor Chrome sowel as Glencore Alloys het albei op 17 Januarie aangekondig dat hulle beplan om onderskeidelik sowat 600 en 665 werknemers af te lê.

Solidariteit sal sy lede in die afleggingsproses bystaan, sê Venter.

“Die regering moet kennis neem van die soveelste aanduiding dat die vervaardigingsbedryf se inkrimping steeds voortduur en dat dringende herevaluering van die bestaande ekonomiese beleid nodig is om verdere verliese hok te slaan,” maan hy.

Konsultasiedatums met sowel Samancor en Glencore sal bevestig word. “Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat ons lede se belange beskerm word en dat die impak sover moontlik beperk word.

Ná die afleggingsbloedbad in 2019, met talle bekende maatskappye in die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf wat duisende werknemers werkloos gelaat het, voorspel die jongste aankondigings deur Samancor en Glencore niks goeds vir wat na verwagting ’n baie moeilike 2020 gaan wees nie,” sê Venter.

Meer oor:  Ekonomie  |  Werksverliese  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.