Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Yes-program sê nou ook ‘ja’ vir wittes
Pres. Cyril Ramaphosa stel die Youth Employment Service (Yes) bekend in Fourways, Johannesburg.

Die Yes-program vir jeugindiensneming is nou – ongeag ras – vir alle jong Suid-Afrikaners oop.

Dit beteken wit jong mense, wat voorheen van dié platform uitgesluit was, kan nou ook van die dienste gebruik maak.

Solidariteit Jeug sê Maandag in ’n verklaring hy het ’n brief van die program se regspan in hierdie verband ontvang. Solidariteit Jeug het hom in Oktober 2018 op die howe beroep nadat dié projek – wat deur pres. Cyril Ramaphosa bekend gestel is – nie wittes toegelaat het om op die platform te registreer nie.

Lees ook: Solidariteit begin regstappe teen Yes-projek

Volgens Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, is dit ’n groot oorwinning vir die wit Suid-Afrikaanse jeug. “Ons is verheug oor Yes4Youth se besluit om sy program se deure vir alle jong Suid-Afrikaners te open. Ons sien dit as ’n toegewing dat rassebeheptheid nie ’n plek in Suid-Afrika het nie, en dat armoede en swaarkry nie net tot sekere groepe beperk is nie. Ons vier vandag gelyke kanse vir alle jong Suid-Afrikaners,” sê hy.

Volgens Maritz moes jong mense wat van die platform gebruik wou maak “ja” of “nee” klik by die vraag: “I am Black, Coloured, or Indian”.

Die antwoord het dan bepaal of die kandidaat met sy of haar aansoek op die platform kon voortgaan.

Die vraag is nou van die webwerf verwyder.

Meer oor:  Solidariteit  |  Cyril Rama­Phosa  |  Indiensneming  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.