Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Zim-rentekoers 70%: Só sou dit jóú sak raak
ZImbabwe se vlag.

Zimbabwe het Vrydag amptelik sy rentekoers tot 70% verhoog om hiperinflasie te probeer teenwerk.

Hoe sou só ’n verandering jou eie sak geraak het?

Met ’n inflasiekoers van tussen 230% en 570% en grootskaalse valutatekorte, is dit moeilik om jou die verwoesting van sulke rampspoedige syfers in te dink.

Die Zimbabwiese sentrale bank se nuwe monetêrebeleidskomitee is verlede week gevorm en het toe besluit om die rentekoers van 50% tot 70% te verhoog.

Dit volg op die regering se besluit in Junie om die gebruik van buitelandse geldeenhede te verbied en net die Zimbabwiese dollar, wat in 2009 laat vaar is, as betaalmiddel te aanvaar in ’n poging om die land se jongste vlaag van hiperinflasie te probeer omkeer, berig Bloomberg.

Maar die nuwe Zimdollar se agteruitgang het nie brieke nie. Sedert dit in Februarie heringestel is teen ’n wisselkoers van Zim$2,50 per Amerikaanse dollar, het sy waarde al met 81% getuimel.

Dit is dus die swaks presterende geldeenheid ter wêreld.

Hoe sou dié syfers in Suid-Afrika gelyk het?

Indien jy ’n R2 miljoen-huisverband het, sonder deposito en met ’n afbetalingstydperk van 20 jaar, lyk die paaiement teen ’n rentekoers van 10% so:

  • R19 369,43 per maand vir 240 maande.
  • ’n Totale koste van R4,65 miljoen oor 20 jaar.

Met ’n 70%-rentekoers lyk die situasie vir dieselfde huis so:

  • R116 735,81 per maand vir 240 maande.
  • ’n Totale koste van R28 016 594,50 oor 20 jaar.

John Mangudya, president van Zimbabwe se reserwebank, sê die rentekoers is verhoog “om ontwikkelings met inflasie en die wisselkoers in ag te neem”.

“Die bank verwag dat inflasie sal begin afneem nadat die huidige siklus van hoë inflasie eindig (sic),” het Mangudya verlede week in ’n verklaring gesê.

John Robertson, ’n ekonoom in Harare, verwag nie dat die inflasiekoers vinnig sal omkeer nie, berig Bloomberg.

“Ek dink teen die einde van die jaar sal die inflasiekoers steeds baie hoog wees.”

Solank hiperinflasie voortduur, sal rentekoerse moet aanhou styg.

Meer oor:  Zimbabwe  |  Rentekoers  |  Huislening  |  Ekonomie  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.